Blye tuiskoms vir Junias Jonas
Die werklikheid van die bykans geheimsinnige terugkeer van die Namibiese bokser Junias Jonas uit Rio de Janeiro het eers gistermiddag bekend geword en begin insink. Sportjoernaliste en enkele verteenwoordigers uit Namibiese boksgeledere is gister na die Namibiese Nasionale Olimpiese Komitee se kantoor genooi met Junias-nuus as die onderwerp, maar die verbasing was groot toe die bokser self daar instap – reguit vanaf die Internasionale Lughawe Hosea Kutako. Hier word Junias deur mnr. Jeremiah Ndjembo (regs), visepresident van die Namibiese Boksfederasie, verwelkom met die NNOK-lid en regsgeleerde, mnr. Jesse Schickerling, in die middel. Volledige berig op bl. 48. Foto Andrew Poolman
Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie