Bly Psemas-lid tot in lengte van dae
Huidige regulasies van die staat se mediese fonds bepaal 'n huweliksmaat van 'n gestorwe hooflid bly 'n lid van die fonds vir so lank as wat verkies word.
Henriette Lamprecht
'n Skuiwergat in die staat se mediese fonds (Psemas) se eisstelsel maak dit vir afhanklikes van hooflede moontlik om onbeperk lid van die fonds te wees, selfs al is die hooflid lankal oorlede. Verder is daar geen beperking op die ouderdom tot wanneer 'n afhanklike van 'n gestorwe hooflid deel van die fonds kan bly nie. Totdat bogenoemde bepaling nie gewysig word nie, blyk dit daar is niks wat die ministerie van finansies kan doen om eise en lidmaatskap in dié verband stop te sit nie.
Dit volg op die ondersoek deur 'n plaaslike dokter en gevolglike navraag aan die fonds se administrateur, Methealth, of 'n Psemas-lid steeds lidmaatskap behou, sou die hooflid gesterf het. In dié geval is die hooflid byna 'n dekade gelede reeds oorlede, met die persoon se kinders wat etlike jare later steeds die voordele van Psemas-lidmaatskap geniet.
'n Ondersoek by Methealth het aan die lig gebring een van die oorledene se kinders het die hooflid se plek ingeneem, terwyl nog 'n kind as afhanklike by die fonds geregistreer is. Albei die kinders is reeds in hul twintigs, terwyl nie een van hulle vir die staat werk nie.
Volgens Psemas-regulasies kan 'n personeellid wat aan die fonds behoort se man of vrou en afhanklikes hul lidmaatskap behou, sou die hooflid tot sterwe kom. Die oorlewende huweliksmaat kan egter nie bykomende afhanklikes of 'n nuwe huweliksmaat registreer nie. 'n Ongebore baba wat reeds verwek is op die sterfdatum van die hooflid, kan wel geregistreer word.
In terme van huidige regulasies kan 'n huweliksmaat van 'n gestorwe hooflid 'n lid van Psemas bly vir so lank as wat hy of sy verkies, of dan tot en met hul sterfte.
Geen beperking word ook geplaas op die ouderdomme van afhanklikes asook die persoon wat by die gestorwe hooflid oorneem nie.
Die regulasies lui voorts dat sou 'n lid te sterwe kom, kan sy of haar huweliksmaat of oudste afhanklike, en wat reeds as lede geregistreer is, die hooflid se plek inneem. Die betrokke afhanklike moet binne drie maande van die sterfte op skrif hiervoor by die ministerie van finansies aansoek doen. Sou die oorlewende huweliksmaat weer in die huwelik tree, verval sy of haar lidmaatskap.
'n Vertroulike verslag van 2010 erken tekortkominge in die skema bestaan reeds sedert Psemas se ontstaan. Sedert onafhanklikwording het die skema se ledetal asook die uitbetalings van eise geweldig toegeneem, met die mediese fonds wat nie met dié veranderinge tred gehou het nie.
Psemas het 'n ledetal van 293 250 van wie sowat 124 000 hooflede en die res afhanklikes en pensioenarisse is. Dié ledetal en afhanklikes betrek sowat 13,1% van die land se totale bevolking.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie