Bly paraat
Bly paraat

Bly paraat

Dani Booysen
Die bevestiging van nuwe gevalle van Covid-19 in Namibië benadruk hoe noodsaaklik voorsorg – met ysere dissipline – bly.

Hoewel hy die nuwe gevalle, almal in kwarantyn aangeteken, die naweek as “sporadies” bestempel het, het dr. Kalumbi Shangula as minister van gesondheid met reg nie doekies oor die groot gevare omgedraai nie. Verslapping van gesondheidsmaatreëls kan in sy woorde weghol-oordrag veroorsaak.

Owerhede het die publiek tot kalmte gemaan. Paniek sal beslis nie help nie, maar feite moet nie versuiker of verswyg word nie.

Indien gevalle 17 en 18, en dalk 19 en 20, mekaar in kwarantyn aangesteek het, moet dit gesê word. Geval 21 het saam met 'n mede-vragmotorbestuurder uit kwarantyn geglip en is geïsoleer nadat die polisie hulle aangekeer het. Die asimptomatiese aard van Covid-19 verskuil egter oordrag.

Die kwarantynnet is juis daar om oordrag te verhoed. Grense kan in die reg en gewete nie vir burgers en permanente inwoners wat hul bestaan hier voer, gesluit word nie.

Positiewe toetse in kwarantyn is nie ongehoord nie. As kwarantyn egter broeiplekke vir oordrag en uitdra van die virus word, faal die stelsel. Teen die gevare moet streng gewaak word.

Shangula wou nie besonderhede oor sekere plekke vir kwarantyn en isolasie verstrek nie. Individue moet nie geteister of hul regte geskend word nie, maar meer besonderhede is gegewe die situasie nie te veel gevra nie?

Ons almal – nie net persone onder kwarantyn nie – moet paraat bly.



So sê ander

24 Mei 2020



Important COVID-19 issues that need to be addressed



There is very little to be optimistic about the COVID-19 pandemic despite the recent “drop” in cases in countries and the lifting of shut down measures in various locations.

If there is any cause for optimism it is this: Every day, we are learning a little bit more about this new coronavirus.

Unfortunately, we are by no means on the other side of this pandemic. To get there, we're going to need to come up with answers to critical issues.

Has the virus mutated and become more adaptable, resistant and aggressive?

Harried parents want their kids back in school so they can get some relief and get back to work, but is it safe for them to return?

The record for bringing a vaccine to market is 4 years. How will we be sure that it works and that there aren't any adverse events without the usual trial phases?

How prepared are we for the mental health pandemic that's likely to be on the heels of the COVID-19 pandemic?

Are there residual amounts of the virus in recovered patients and what is the effects on their long term health? This is the most important issue as there could be millions more asymptomatic people.

Will medical textbooks and guidelines have to be rewritten in the next few years?

• THAILAND MEDICAL NEWS

Kommentaar

Republikein 2026-08-02

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer