Bloubessie-oes byna verdriedubbel

Groei skep werksgeleenthede

14 July 2021 | Landbou
Elvira Hattingh – Terwyl die eerste plaaslik geproduseerde bloubessies reeds op enkele winkelrakke verskyn, verwag Mashare Berries Farming dat hul huidige oes sal verdriedubbel in vergelyking met verlede jaar s’n.

Na verwagting sal tussen 400 en 450 ton bloubessies van 20 ha se plante geoes word, terwyl ‘n bykomende 40 ha binnekort aangeplant word.

Mnr. Izak Grobbelaar, Mashare se produksiebestuurder, sê hulle is tans besig met die voorbereiding om die nuwe bloubessie-plantjies teen September aan te plant – ‘n aansienlike uitbreiding op die huidige 20 ha wat reeds in produksie is.

Me. Henriette Le Grange, Mashare se verkoops- en bemarkingspesialis, sê danksy die feit dat hulle reeds teen einde Mei bessies kon begin oes, is hulle sowat twee tot drie weke voor hul eweknieë in Suid-Afrika.

“In uitvoermarkte gee dit jou ‘n voorsprong,” het sy verduidelik.

Sy sê Mashare se bloubessies word hoofsaaklik na Europa en die Verenigde Koninkryk uitgevoer, terwyl nuwe markte tans ook ondersoek word. Sy sê danksy goeie aanvoorwerk en navorsing het die projek ‘n mark gehad bykans nog voor daar die eerste keer geoes is.

GROEI

Le Grange sê hul oesverwagting groei jaarliks, soos die bloubessieplantjies mettertyd volwassenheid bereik. Teen volgende jaar sal die eerste 20 ha se plantjies volwasse oeste kan lewer, wanneer dit drie jaar oud is.

Sy sê intussen hoef plantjies vir nuwe aanplantings nie meer vanaf Spanje ingevoer te word nie.

“‘n Kwekery is intussen in die Kaap gevestig, wat beteken die plantjies kan vinniger, goedkoper en makliker bekom word.”

Le Grange sê die uitbreiding en groei van Mashare bied natuurlik ook uitstekende geleenthede vir werkskepping.

‘n Optiese sorteerder vir die bessies is ook aangeskaf. Dit word tans geïnstalleer en sal elke bessie tot 40 maal kan skandeer vir onder meer sy grootte en rypheid. Dit word dan daarvolgens sorteer – wat nog beter gehalte vir die eindverbruiker beteken.

Tot dusver was die bessies minder en dus met die hand gesorteer.

Mashare is ook besig om ‘n afsetpunt of pakhuis in Windhoek op die been te bring, waar die finale verpakking en verspreiding van die bessies sal plaasvind.

Sy sê van die bessies is reeds op plaaslike rakke beskikbaar en sal ook binnekort na die kus en die res van Namibië versprei word. “Ons wil regtig probeer om aan ons plaaslike markte die voordeel te bied van wat hier op Mashare gebeur.”

UITVOERE

Le Grange sê hul fokus bly egter uitvoermarkte. “Die plaaslike mark is baie klein en ek sou sê 99% van ons bessies gaan vir die uitvoermark.”

Sy sê veral in die tye van die Covid-pandemie is bloubessies, as ’n uiters gesonde vrug, van groot waarde.

Mashare Berries Farming is ‘n privaat inisitiatief en huur ‘n besproeiingskemaplaas onder die Groenskema, sowat 50 km oos van Rundu teen die Kavangorivier, van die regering. Die projek funksioneer heeltemal onafhanklik van die regering.

Na verwagting kan dit eindelik, teen volle produksie tussen 400 en 600 werksgeleenthede per jaar bied, terwyl dit ook byeboerderye ondersteun.

Die bloubessie-plantjies op die skema is ‘n spesifieke variëteit wat geskik is vir Namibië se klimaat. Dit is eintlik ‘n Amerikaans-Mexikaanse-bloubessiesoort en word natgelei met water vanuit die Kavangorivier. - [email protected]

Soortgelyk

 

Hengari at the forefront of the youth agenda

4 ure gelede | Skole

Rivaldo Kavanga Hailing from Okakarara in the Otjozondjupa Region, Inna Koviao-Vetarere Hengari (25) is Namibia’s youngest elected parliamentarian. She currently leads the youth agenda...

For the love of reading

4 ure gelede | Onderwys

The Presidential Advisor on Youth Matters and Enterprise Development, Daisry Mathias, joined learners at Fidel Castro Primary School to mark 2021 National Readathon Week. Mathias...

New education act, regulations in final stages

4 ure gelede | Onderwys

Iréne-Mari van der Walt The regulations adjacent to the new education act are in their final stages, according to the education inspector for...

Let’s talk about it

4 ure gelede | Skole

Monique Adams On Thursday, 2 September, the Office of the First Lady and One Economy Foundation facilitated an intergenerational dialogue with young people.This dialogue looked...

Jong skoonheid met 'n hart van goud

4 ure gelede | Skole

Mariselle Stofberg – Vir Chanique (Chani) Rabe wat onlangs as die nuwe Mej. Supranasionaal 2021 aangewys is, is haar passie vir jeug- en gemeenskapsontwikkeling ’n...

Windhoek Hospitality and Culinary College introduces new programme

4 ure gelede | Onderwys

Desiree Gases The Windhoek Hospitality and Culinary College (WHCC) is introducing Namibia Training Authority’s (NTA) level two housekeeping, laundry and front office programme with an...

Following in my father’s footsteps

4 ure gelede | Skole

Amalia Cloete I am currently studying at the International Training College Lingua. I am doing an honours degree in human resource (HR) management, and this...

Pupkewitz Megabuild launches 2022 graduate programme

4 ure gelede | Onderwys

Wetumwene Shikage The Pupkewitz Megabuild Graduate Programme initiative is aimed at supporting newly graduated students to gain work experience, which will serve as an additional...

Rundu in die donker

10 ure gelede | Energie

Inwoners van Rundu is sedert 10:00 vanoggend sonder krag. Volgens NamPower se areabestuurder vir die noordelike streek, mnr. Petrus Immanuel, is dit weens tegniese...