Blou Masjien rol oor Ricky Burns
Die bokswêreld lê oop voor Julius Indongo ná sy puik vertoning laas naweek.
Andrew Poolman - Die ongemaklike boksstyl van Julius Indongo was Saterdagaand sy grootste bondgenoot in sy sensasionele oorwinning teen Ricky Burns in Glasgow.
Indongo, ook bekend op sy vegnaam Blue Machine, het hom in die hoogste geselskap van die superliggewigklas (63.5 kg, ook bekend as junior weltergewig) gevestig deurdat hy Burns se gordel as kampioen van die Wêreldboksvereniging (WBA) afgeneem het.
Die Namibiër was reeds die houer van die Internasionale Boksfederasie (IBF) en Internasionale Boksorganisasie (IBO) se titels.
Burns is een van Brittanje se gerekende vegters wat in sy loopbaan wêreldtitels in drie gewigsklasse verower het en onder meer tevore ook met Namibië se Paulus (The Hitman) Moses afgereken het.
Die 34-jarige Burns het egter soos 'n skadu van sy ou self gelyk en hy kon geen hond haaraf maak teen die langer opponent uit Namibië nie.
Indongo is as 'n eenparige wenner met punte aangewys – met een tellinghouer wat elke ronde aan hom toegeken het (120-108). Die ander twee was 118-110 en 116-112, met tellinghouers dalk ietwat simpatiek gesind vir Burns in die enkele rondes waarin sake dalk enige kant toe kon gaan.
Burns het agterna erken dat sy kamp die Namibiër lelik onderskat het, deels omdat hulle nie genoeg videomateriaal kon opspoor om hom meer deeglik te ontleed nie.
“Die beter man het gewen. Hy was só ongemaklik. Hy was veel beter as wat ons vooraf gedink het en ons het sy slaankrag ook onderskat,” het die Skotse bokser ná die vyfde nederlaag van sy loopbaan gesê.
Die linkshandige Indongo het deurgaans sy voordeel van langer arms gebruik om Burns te beheer. Die Namibiër se oordeel van die afstand en spoed was bykans foutloos en het hy het sake só gedikteer dat die Skotse bokser geen teenvoeter kon vind nie.
Dit was die 34-jarige Namibiër se 22ste opeenvolgende oorwinning in die beroepskryt, waarvan hy elf met uitklophoue gewen het.
VOLGENDE UITDAGING
Indongo en sy promotor, Nestor Tobias, is in 'n baie sterk posisie om oor die aanloklike aanbiedinge te onderhandel wat na dese oor hul pad sal kom.
Die naam van die Amerikaner Terence Crawford sal in die komende maande toenemend genoem word as 'n volgende opponent vir Indongo. Crawford is die houer van die WBO en WBC se kroon en is ook onoorwonne in 30 gevegte (21 uitklophoue). Pond vir pond sal Crawford vele waarnemers se toptienlys as een van die beste vegters op die planeet haal.
Crawford het reeds 'n volgende afspraak – op 20 Mei in Madison Square Garden in New York verdedig hy sy twee wêreldtitels teen Felix Diaz van die Dominikaanse Republiek. Die Amerikaner het al tevore verklaar dat hy belang stel om die wenner tussen Indongo en Burns uit te daag om die gewigsklas se titels te verenig.
Tobias en sy kamp sal na verwagting vandeesweek meer lig werp op hul toekomsplanne.
By hul aankoms gister in Windhoek het honderde geesdriftige landsburgers die boksgeselskap terug verwelkom. Indongo is onder meer deur die adjunkminister van sport, jeug en nasionale diens, me. Agnes Tjongarareo, asook Namibië se drie voormalige wêreldbokskampioene Harry Simon, Paulus Moses en Paulus Ambunda ontvang.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie