Blou Maandag vir aandelebeurs
NSX loop ook deur
Suid-Afrikaanse aandele het Maandag die grootste daaglikse daling sedert November 2008 beleef.
Die top 40-indeks van die JSE het met 3,9% geval weens beleggers wêreldwyd wat ontslae raak van bates in ontluikende lande te midde van ’n dollar wat kop optel en oliepryse wat tuimel.
Die JSE se indeks van alle aandele het die dag 3,41% laer op 47 831 punte gesluit.
Op die algehele indeks van die Namibiese aandelebeurs (NSX) was sake selfs meer beroerd. Dié indeks het Maandagmiddag op 1 044,64 punte geëindig, wat 4,31% laer as Vrydag is.
Die plaaslike indeks van die NSX het op 389,02 geëindig, dieselfde as Vrydag.
Slegs die goudmynindeks op die JSE het geklim en was 4,76% hoër vir die dag.
Onder die groot aandele op die Suid-Afrikaanse beurs het slegs AngloGold Ashanti die dag veld gewen en met 4,4% geklim. Die goudprys het gestyg vanweë groter aankope uit China.
Die finansiële indeks van die JSE het met meer as 4% geval en die nywerheidsindeks was 3,34% laer.
Die rand het ook verswak weens die sterker dollar en het teen 18:00 teen R11,698 teenoor die Amerikaanse geldeenheid verhandel. Gisteroggend vroeg het dit effe tot R11,67 herstel.
Die prys van Brent-ruolie het ook verder geval tot onder US$55 per vat – die eerste keer sedert Mei 2009.
Vrese oor die moontlike uitwerking wat ’n verkiesing in Griekeland op 25 Januarie op die ekonomiese herstel van die eurosone kan hê, het Europese markte gery. In Griekeland het die aandelebeurs met meer as 5% geval, terwyl beurse in Parys, Madrid en Milaan met meer as 3% teruggesak het.
Verwikkelinge in Griekeland, tesame met die troebel waters waarin die ruolieprys dit bevind, het beleggers op die Amerikaanse beurse eweneens op hul hoede gehad. Die Dow Jones se nywerheidsindeks het Maandag 1,86% laer gesluit, terwyl die S&P 500 met 1,83% gedaal het en die Nasdaq se saamgestelde indeks met 1,57% gesak het. -Eie berig, Netwerk24 en Nampa/AFP

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie