Bloem-bazooka skiet vinnig op
Krieket
Die snelboul-sensasie Duanne Olivier, wat homself as die Bazooka van Bloemfontein bewys het soos hy die Pakistani-kolwers in die afgelope krieketreeks met sy kartetse op hol gejaag het, het 'n massiewe 29 plekke op die wêreldranglys vir toetsboulers gespring.
Waar hy die reeks in die 53ste plek begin het, het hy dit met sy 24 paaltjies in die drie toetse afgesluit in die 24ste plek – die hoogste wat hy tot dusver in sy jong toetsloopbaan was.
En dít nadat hy kort voor die reeks teen Pakistan nog nie eens seker was dat hy speelkans sou kry nie. Was dit nie vir beserings aan Vernon Philander en Lungi Ngidi nie, sou Olivier waarskynlik nie eens deel van dié reeks gewees het nie.
Olivier se 24 paaltjies in die reeks is net een minder as die Suid-Afrikaanse rekord in 'n reeks van drie toetse, wat Charlie Llewellyn in 1902 opgestel het en wat reeds langer as 'n eeu in die rekordboeke is.
Die Protea-sneller Kagiso Rabada is steeds die voorste toetsbouler ter wêreld, met Vernon Philander in die derde plek.
Philander is ook die vyfde beste veelsydige toetsspeler, maar het een plek teruggesak van vierde. Shakib Al Hasan van Bangladesj is die voorste veelsydige speler.
Twee Suid-Afrikaanse kolwers is tussen die voorste tien, met Aiden Markram wat twee plekke opskuif van tiende na agtste en Hashim Amla wat drie plekke verbeter na tiende.
Quinton de Kock se honderdtal in die tweede beurt op die Wanderers het hom gehelp om 12 plekke in die regte rigting te beweeg en hy bevind hom nou in die 14de plek.
Al het hy nie die beste reeks gehad nie en het sy posisie in die span soms onder skoot gekom, het Theunis de Bruyn in die top-100 inbeweeg en 11 plekke gespring tot 99ste.
Virat Kohli van Indië is die onbetwiste koning van toetskolwers.
Suid-Afrika kruip ook weer al hoe nader aan die boonste plek op die wêreldranglys vir toetslande.
Die klinkende reekssege met 3-0 oor Pakistan het Faf du Plessis se span van die vierde plek tot tweede laat opskiet en verby Nieu-Seeland en Engeland laat beweeg.
Indië is nog gerieflik in die eerste plek met 116 ranglyspunte, terwyl Suid-Afrika sy posisie met vier ranglyspunte verbeter het en nou 110 het.
Pakistan, hierteenoor, het met hierdie reeksnederlaag teruggesak na die sewende plek, met 88 ranglyspunte.
• Die voorste toetslande is: 1. Indië (116 punte), 2. Suid-Afrika (110), 3. Engeland (108), 4. Nieu-Seeland (107), 5. Australië (101), 6. Sri Lanka (91), 7. Pakistan (88), 8. Wes-Indiese Eilande (70), 9. Bangladesj (69), 10. Zimbabwe (13).
– Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie