Bloedbad

17 April 2019 | Menings
Maandag moet vir alle Namibiërs – nie net die wat die nuus volg nie – ‘n hernude wakker skud wees oor hoe ons land oënskynlik nie ‘n groeiende golf van ernstige geweldsmisdaad en ander onnatuurlike sterftes onder beheer kan bring nie.

‘n Dubbele moord op Arandis waartydens twee mans wat diep spore in tegniese opleiding getrap het koelbloedig afgemaai is, het skokgolwe deur die hele land gestuur.

Met die skrywe hiervan was daar nog geen aanduiding oor die motief vir die laakbare daad nie. Die polisie moet so gou moontlik die raaiselagtige tragedie oplos.

Namibië moet nie net ween oor die heengaan van mnre. Eckhard Mueller en Heimo Hellwig nie, maar ook oor me. Merentha Geingos, ‘n laerskoolonderwyseres wat wreed deur haar man, ook ‘n laerskoolonderwys, vermoor is.

En oor drie skoolmeisies wat op Aranos verkrag is.

Die babaseuntjie wat met ‘n baksteen in ‘n kanaal naby Oshiputusheendjamba gegooi is.

Die vier maande oue baba wat op Keetmanshoop byna deur ‘n oudpolisieman vermoor is.

Selfs oor hoekom mnr. Reinhold Namupala, ‘n senior bestuurder by staatshuis, sy eie lewe geneem het – al weet ons nog nie presies wat sy redes was nie.

En oor al die naamlose slagoffers waarvan ons nie eens weet nie.

Misdaad is nie ‘n kwessie van kleur of ras nie – tensy dit later in ‘n verhoor bewys word. Om deur brille na misdaad te kyk, verwring werklikhede.

Mense se lewens en hul veiligheid kan nie só min werd wees in ons land nie.

So sê ander

16 April 2019

The devastation at Notre Dame is a tragedy for the whole world

Throughout the world Monday, millions watched in uncomprehending horror as one of the world’s most magnificent structures was engulfed in flames.

Paris’ iconic Cathedral of Notre Dame, built over the course of more than a century, beginning in 1163, has been justly celebrated for its awesome beauty: its towering spire, stained-glass windows and rainspout gargoyles, much of which now lies in ruins.

TV and cable stations interrupted their regular programming to broadcast hours-long nonstop coverage of the carnage.

In a cruel irony of timing, the disaster took place just days before two of the most important observances on the Christian calendar: Good Friday and Easter.

The only saving grace: No one appeared to have been injured inside the church, which was quickly evacuated.

But the cathedral, which survived desecration and looting during the French Revolution, has been seriously damaged. Though the structure will survive, it likely will be impossible to rebuild exactly as it was.

To Parisians, it was the great enduring symbol of their city’s history.

But Notre Dame belongs to the entire world — and now one of its greatest treasures has suffered unthinkable damage.

• NEW YORK POST

Soortgelyk

 

Hanse-Himarwa se getuienis vals, sê hof

17 minute gelede | Howe

Denver Kisting – Nadat die hof al die getuienis in ag geneem het, is die enigste gevolgtrekking die staat het bo redelike twyfel bewys Katrina...

Katrina se toekoms duister

17 minute gelede | Howe

Denver Kisting – Teen gistermiddag was pres. Hage Geingob nog stil oor een van sy kabinetsministers wat aan korrupsie skuldig bevind is.Katrina Hanse-Himarwa, die minister...

Jessné struts her stuff

17 minute gelede | Mense

Mariselle Stofberg Even though Jessné Swart is only in grade 5, she has already made a name for herself in the modelling industry. Her love...

Weer vir 9 Julie 2019

17 minute gelede | Weer

WEERWAAK: Ooswindtoestande sal oor die kus vir die res van die week heers, asook stofstorms op plekke.BINNELAND: Koud aanvanklik, andersins mooi weer en warm tot...

Eenjarige brand in sinkhuis dood

17 minute gelede | Misdaad

Tanja Bause – Twee mense het die afgelope naweek doodgebrand toe hul sinkhuise aan die brand geslaan het. Volgens die Namibiese polisie se misdaadverslag het...

Bekentenis was glo vrywillig

17 minute gelede | Howe

Erwin Leuschner op Swakomund – Mnr. Ernst Lichtenstrasser, wat van die moorde op mnre. Eckhart Mueller en Heimo Hellwig aangekla is, was ten tyde van...

Dragtige ietermagô uit drom gered

17 minute gelede | Misdaad

Francoise Steynberg - ’n Ietermagô wat dae lank in ’n brandstofdrom gelos is, se verhaal het ’n gelukkige einde.Volgens me. Maria Diekmann, van die Rare...

Pasgebore baba sterf ná val

17 minute gelede | Ministeries

Henriette Lamprecht - Die Engela-hospitaal in die Ohangwenastreek word van nalatigheid aangekla nadat ’n baba by geboorte op die grond geval en onmiddellik gesterf het.Die...

Interns by staatshospitale uitgeplaas

17 minute gelede | Ministeries

Henriette Lamprecht - ’n Totaal van 131 leerlingdokters is by verskeie hospitale oraloor die land uitgeplaas om met hul internskap van twee jaar te begin....