Bloedbad toe skieter in Australië losbrand
In wat as een van die gewelddadigste aanvalle die afgelope jare in Australië beskou word, het ’n man Dinsdag op ’n moordtog gegaan en op vyf verskillende plekke op mense losgebrand.
Vier het gesterf en een is gewond.
Die 45-jarige skieter het in Darwin onder meer op kroeë, ’n park en ’n geriefswinkel toegeslaan.
Reece Kershaw, ’n polisiekomissaris, het gesê die man is reeds in hegtenis geneem.
“In hierdie stadium glo ons nie dat dit ’n terrorisme-aanval was nie. Dit is ’n enkele individu wat op sy eie opgetree het.”
Die man, wat sedert Januarie op parool was, was bekend aan die polisie en is binne ’n uur nadat die skote geklap het, in hegtenis geneem.
Hy het vermoedelik ’n haelgeweer gehad, het Kershaw gesê.
“Ons probeer nog uitvind wat die motivering vir die skietery was.”
Australië het van die wêreld se strengste wapenbeheerwette, wat goedgekeur is nadat ’n enkele skieter in 1996 in Port Arthur op Tasmanië 35 mense doodgeskiet het.
Verlede jaar was daar ook ’n gesinsmoord wat die lewe van sewe mense geëis het. - Netwerk24/Reuters

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie