Blitsverkiesing in Oostenryk moontlik nu00e1 skandaal
Blitsverkiesing in Oostenryk moontlik nu00e1 skandaal

Blitsverkiesing in Oostenryk moontlik ná skandaal

Die leier van die verregse Vryheidsparty het bedank nadat ’n video gepubliseer is waarin hy glo kontrakte bespreek in ruil vir gunste van ’n vrou wat haar voordoen as die broerskind van ’n Russiese politieke leier.
’n Verkiesing kan moontlik in Oostenryk uitgeroep word nadat die visekansellier skielik bedank het.

Heinz-Christian Strache, leier van die verregse Vryheidsparty het bedank nadat ’n video gepubliseer is waarin hy glo kontrakte bespreek in ruil vir gunste van ’n vrou wat haar voordoen as die broerskind van ’n Russiese politieke leier.

Die nuusagentskap APA het bronne in Strache se Vryheidsparty aangehaal en gesê ’n blitsverkiesing lê nou moontlik voor ná sy skielike bedanking oor die video wat deur twee Duitse nuusagentskappe gepubliseer is.

Die Vryheidsparty, een van ’n aantal nasionalistiese anti-immigrante partye wat in Europa steun geniet, was 18 maande die junior vennoot in die koalisieregering van Sebastian Kurz, Oostenryk se eerste minister.

Kurz het homself herhaaldelik van sy verregse koalisievennote gedistansieer oor voorvalle van anti-Semitisme en rassisme.

Maar opposisiepartye meen die eerste minister skuld die publiek ’n verduideliking.

Thomas Drozda van die Sosiale Demokrate het aan die televisiekanaal ORF gesê dit is net die oortjies van die seekoei.

“Ek verwag dat die kanselier, wat duidelik 48 uur reeds weet van die video en weet dat sy koalisievennoot in ’n poel van korrupsie versuip, praat en sy posisie verduidelik.”

Die liberale Neos-party en die Greens het ’n blitsverkiesing versoek.

Strache het Saterdag aan Reuters gesê hy tree uit sy rol as visekanselier en hoof van die Vryheidsparty, maar het ontken dat hy enige wette oortree het.

Die video wys hoe Strache die vrou in 2017, kort voor die verkiesing wat hom deel van die regering gemaak het, ontmoet. - Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-04-27

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Brighton 0 vs 4 Manchester City | Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth LaLiga: Real Sociedad 0 vs 1 Real Madrid SerieA: Frosinone 3 vs 0 Salernitana | Udinese 1 vs 2 AS Roma European Championships Qualifying: Queens Park Rangers 4 vs 0 Leeds United | Coventry City 2 vs 3 Hull City English Championship: Queens Park Rangers 4 vs 0 Leeds United | Coventry City 2 vs 3 Hull City Katima Mulilo: 16° | 33° Rundu: 16° | 33° Eenhana: 16° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 32° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 16° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 18° | 30° Henties Bay: 15° | 22° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 11:03, High tide: 05:02, Low Tide: 23:14, High tide: 17:32 Swakopmund: 15° | 18° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:01, High tide: 05:00, Low Tide: 23:12, High tide: 17:30 Walvis Bay: 16° | 26° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:01, High tide: 04:59, Low Tide: 23:12, High tide: 17:29 Rehoboth: 17° | 31° Mariental: 20° | 34° Keetmanshoop: 22° | 34° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 35° Oranjemund: 17° | 30° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 27° Lubumbashi: 11° | 25° Mbabane: 13° | 17° Maseru: 9° | 23° Antananarivo: 14° | 27° Lilongwe: 14° | 26° Maputo: 18° | 25° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 15° | 27° Durban: 17° | 22° Johannesburg: 15° | 23° Dar es Salaam: 23° | 31° Lusaka: 17° | 26° Harare: 14° | 26° #N/A #N/A