Blitstoetse kry groenlig
Die gebruik van blitstoetse in Namibië is goedgekeur. Volgens die minister van gesondheid en maatskaplike dienste, dr. Kalumbi Shangula, is die proses voltooi om antigeen-blitstoetse die groen lig vir gebruik in Namibië te gee. Dit sal onder meer gebruik word vir toeriste wat Namibië verlaat vir lande wat negatiewe blitstoetse vir terugkerende passasiers aanvaar.
In dié verband het die ministerie van gesondheid die ministerie van internasionale betrekkinge en samewerking genader om die inligting met die diplomatieke en internasionale gemeenskap te deel.
In dié verband het die ministerie van gesondheid die ministerie van internasionale betrekkinge en samewerking genader om die inligting met die diplomatieke en internasionale gemeenskap te deel.


Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie