Blitsbuks Jolene oortref eie rekord
Blitsbuks Jolene oortref eie rekord

Blitsbuks Jolene oortref eie rekord

Die Windhoeker bly vasberade om tot die wêreldbyeenkoms deur te dring.
Tielman van Lill
Tielman van Lill - Die 27-jarige Namibiese spoedvraat Jolene Jacobs het Sondag 'n nuwe senior nasionale Namibiese 60 meter binnenshuise naellooprekord in Birmingham, Engeland, aangeteken.

Jacobs se eerste plek en nuwe rekordtyd van 7.46 sekondes by die Alexander-stadion is 'n rapsie vinniger as haar ou rekord van 7.50 wat sy op 3 Februarie 2018 opgestel het.

Wat merkwaardig is, is dat haar tyd die naweek net 0.96 sekonde stadiger as Frank Fredericks se nasionale binnenshuise rekord van 6.50 is. Fredericks het dié rekord op 12 Maart 1993 by die IAAF binnenshuise wêreldkampioenskap in Toronto, Kanada, behaal.

Jacobs het op 26 Januarie na Engeland en Europa vertrek om aan die Noordelike Halfrond se binnenshuise atletiekseisoen deel te neem, waar haar strewe was om vir die IAAF se 18de binnenshuise wêreldkampioenskap te kwalifiseer wat aanstaande maand in Nanjing, China, aangebied sou word.

Dié byeenkoms is egter vanweë die huidige bedreiging van die coronavirus met een jaar uitgestel.

Jacobs het dus haar visier ingestel om die kwalifiserende standaard van 7.30 te behaal om vir die 2021 wêreldkampioenskap in Nanjing te kwalifiseer. Sy is nou net 0.16 sekonde van dié mikpunt en glo dat sy Namibië wel in China kan verteenwoordig. Slegs 56 van die wêreld se haastigste vroue kan in dié item vir Nanjing kwalifiseer.

• Die 60 m binnenhuise wêreldrekord vir vroue (6.95 sekondes) staan ná bykans 27 jaar steeds agter die naam van die uitgetrede Amerikaner, Gail Devers. Sy het die rekord op 12 Maart 1993 in Toronto agter haar naam laat graveer.

- [email protected]

Kommentaar

Republikein 2025-09-17

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer