Blitsbokke wen Vancouver-toernooi
Rugby
Marnus Kok – Die Blitsbokke het die Vancouver-sewestoernooi gewen deur Kenia in die eindstryd te klop.
Suid-Afrika het Maandagoggend (SA tyd) met 38-5 geseëvier
Reeds teen rustyd was die telling 24-0 in die Blitsbokke se guns.
Spelers soos Angelo Davids, Dewald Human en Ronald Brown het te veel skietgoed vir die Keniane gehad. Davids het twee keer in die eerste helfte gedruk.
In die tweede helfte het die Suid-Afrikaners nie die voet van die pedaal afgehaal nie. Vroeg-vroeg het Brown deurgedraf vir sy span se vyfde drie.
Laat in die wedstryd is Human met ’n geel kaart afgestuur ná ’n ontoelaatbare duikslag.
Die Blitsbokke het ook in 2019 die Vancouver-toernooi gewen.
Brown is vereer met die toekenning as Speler van die Eindstryd.
• Puntemakers: Suid-Afrika 38 (24): Drieë: Angelo Davids (2), Sakoyisa Makata, Christie Grobbelaar, Ronald Brown, Darren Adonis. Doelskoppe: Dewald Human (2), Brown, Adonis.
Kenia 5 (0): Drie: Daniel Taabu.
– Netwerk24
FOTO
Die Blitsbokke met die trofee wat hulle verower het in Vancouver. Foto AP

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie