Blits van Botswana oortref 10 sekondes

Andrew Poolman
Andrew Poolman - Botswana se blitsige naelloper Mothibi Karabo het die 100 en 200 meter titels vir mans by die Bank Windhoek nasionale senior atletiekkampioenskap verower.
In sy 100 meter-sege was die wind van agter met 4.8 meter per sekonde heeltemal te sterk om vir ’n rekordtyd oorweeg te word, maar sy tyd van 9.9 sekondes was nietemin een van die indrukwekkende vertonings wat nóg in Windhoek se Onafhanklikheidstadion gelewer is.
Karabo was een van sowat tien atlete uit die buurland wat by die nasionale kampioenskap teenwoordig was. Die byeenkoms is vooraf nie besonder goed geadverteer nie en daar was dus maar net ’n kleinerige skare, wat nie juis die atmosfeer geskep het wat atlete vir topprestasies verlang nie.
Onder die Namibiese deelnemers was die 400-hekkiesloper Hardus Maritz van die Pukke waarskynlik die mees hoëprofiel deelnemer aan die byeenkoms. Zuriel April van Hardap was egter die enigste uitdager wat enigsins naby gekom het om in die wedloop by te hou.
In die vroue hoogspring het Natalie Louw gewys hoekom sy onlangs die o.17 Cossasa-spele se senior victrix ludorum was. In die verspring (5.47m) het dié o.17-meisie onder andere die ervare Corlia Kruger geklop, terwyl haar hoogspring-triomf op 1.67 m die verdedigende kampioen Siranda Horn oortuigend onttroon het.
Erongo se hoogspringer-afrigter Hennie Horn kon nietemin opgewonde raak oor Vizamuje Ujaha se wensprong van 2.05 meter by die mans.
In die middelafstande was daar ’n verrassende nederlaag vir Lavinia Haitope in die vroue 800 meter. Haar Nampol-spanmaat Salmi Nduuviteko het sowat ’n sekonde voor haar klaargemaak.
Die spiesgooier Strydom van der Wath se gooi van 72.33 m het hom gerieflik voor die belowende Nico Horn geplaas.
Die vernaamste uitslae was soos volg:

VROUE
100 meter
1 Jolene Jacobs (Khomas) 12.2
2 Duré Boshoff (Khomas) 12.6
3 Sade de Sousa (Khomas) 12.7

200 meter
1 Matlhaku Leungo (Botswana) 23.5
2 Seleka Goitseone (Botswana) 23.9
3 Silba Tjingaete (Khomas) 24.2

400 meter
1 Seleka Goitseone (Botswana) 53.2
2 Silba Tjingaete (Khomas) 58.9
3 Henryke Garbers (NSSU) 59.9

800 meter
1 Salmi Nduuviteko (Nampol) 2:12.7
2 Lavinia Haitope (Nampol) 2:13.7
3 Nathalia Muhepa (NSSU) 2:22.5

1500 meter
1 Lavinia Haitope (Nampol) 4:44.8
2 Hilya Shilongo (Ohangwena) 4:58.8
3 Leena Ekandjo (Nampol) 5:04.7

5000 meter
1 Leena Ekandjo (Nampol) 19:08.7
2 Saara Martin (Oshana) 19:36.9
3 Jacobina Nantanga (Nampol) 19:47.4

100 meter hekkies
1 Corlia Kruger (Khomas) 15.8
2 Perpetua Simaata (Erongo) 16.2
3 Rista Topnaar (Hardap) 18.9

400 meter hekkies
1 Mariska Topnaar (Hardap) 1:10.9
2 Rista Topnaar (Hardap) 1:13.6
3 Nelia Landsberg (Khomas) 1:13.9

3000 meter hindernis
1 Rauna Eelu (Oshana) 12:02.5
2 Jacobina Nantanga (Nampol) 12:43.7
3 Sofia Nambambi (Oshana) 13:22.7

Hoogspring
1 Natalie Louw (NSSU) 1.67m
2 Siranda Horn (Erongo) 1.58m
3 Meriam Minin (Khomas) 1.58m

Verspring
1 Natalie Louw (NSSU) 5.47m
2 Corlia Kruger (Khomas) 5.39m
3 Chantell du Toit (NSSU) 5.36m

Driesprong
1 Jesse Joseph (Hardap) 10.47m
2 Mariska Topnaar (Hardap) 9.72m
3 Winnie Kamuhenune (Omaheke) 9.00m

Gewigstoot
1 Conette Smith (Erongo) 11.18m
2 Anjone Swanepoel (Khomas) 10.54m
3 Sinead Jurgens (Khomas) 9.79m

Diskusgooi
1 Anjone Swanepoel (Khomas) 31.33m
2 Karlien Botha (Khomas) 27.18m
3 R Vermeulen (NSSU) 24.16m

SPiesgooi
1 Sune Wittman (Khomas) 33.69m
2 Deorette van der Merwe (Khomas) 33.27m
3 Shani Burger (Khomas) 32.30m

MANS
100 meter
1 Mothibi Karabo (Botswana) 9.9
2 Even Tjiviju (Khomas) 10.6
3 Ismael Tjiramba (Khomas) 10.6

200 meter
1 Mothibi Karabo (Botswana) 20.4
2 Even Tjiviju (Khomas) 20.5
3 Ernst Narib (Nampol) 22.0

400 meter
1 Sibanda Karabo (Botswana) 47.5
2 Daniel Nghipandulwa (Nampol) 47.8
3 Mohammad Bock (Khomas) 48.4

800 meter
1 Masilo Boitumelo (Botswana) 1:49.4
2 Daniel Nghipandulwa (Nampol) 1:51.0
3 Oskar Komeya (Khomas) 1:53.6

1500 meter
1 Oskar Komeya (Khomas) 3:57.7
2 Daniel Nghipandulwa (Nampol) 3:58.8
3 Kefas Kondjashili (Nampol) 3:59.9

5000 meter
1 Sammy Tum (Erongo) 15:01.2
2 Reonard Nampala (Khomas) 15:20.5
3 M Kandhingula (Nampol) 15:32.3

10 000 meter
1 Sammy Tum (Erongo) 31:23.0
2 Mynhardt Kauanivi (Nampol) 31:51.8
3 Stephanus Kaundinge (Oshana) 31:54.8

110 meter hekkies
1 Fred-Charles Pieterse (Khomas) 14.5
2 Zuriel April (Hardap) 16.2

400 meter hekkies
1 Hardus Maritz (Khomas) 50.9
2 Zuriel April (Hardap) 56.9
3 Dennis Orlam (Hardap) 58.0

3000 meter hindernis
1 Sakaria Shifotoka (Nampol) 10:26.2
2 Tangeni Sakaria (Oshana) 10:34.2
3 Jesaya Matheus (Nampol) 10:40.1

Hoogspring
1 Vizamuje Ujaha (Erongo) 2.05m
2 Sakaria Kakunde (Erongo) 2.00m
3 Arno Blaauw (Erongo) 1.95m

Verspring
1 Sandro Diergaardt (NSSU) 7.16m
2 Romario Nghifitikeko (Erongo) 6.73m
3 David Ndeilenga (Oshana) 6.66m

Driesprong
1 Genaldo Kisting (Hardap) 14.03m
2 Terence Beukes (Khomas) 12.81m
3 Jason Snyer (Hardap) 12.80m

Gewigstoot
1 Anro Swanepoel (Khomas) 12.53m
2 Dirk Potgieter (Khomas) 11.46m
3 Rehabeam Hengari (Nampol) 11.27m

Diskusgooi
1 Anro Swanepoel (Khomas) 36.56m
2 Rehabeam Hengari (Nampol) 32.35m
3 Dirk Potgieter (Khomas) 32.07m

Spiesgooi
1 Strydom van der Wath (Khomas) 72.33m
2 Nico Horn (Khomas) 58.50m
3 David Ndeilenga (Oshana) 46.16m

Kommentaar

Republikein 2025-06-14

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer