Blink data- en kliëntegroei vir Vodacom
JJ van Wyk - Inkomste uit dataverkope wat met 19,4% tot R5,78 miljard toegeneem het en byna een miljoen nuwe kliënte in Suid-Afrika, het glinster verleen aan Vodacom se vertoning in die kwartaal geëindig 30 Junie 2016.
Die groep se inkomste uit dienste het luidens ’n Sens-verklaring wat Donderdag uitgereik is “ondanks die strawwe ekonomiese omgewing in die meeste van die lande waar hy sake doen” met ’n stewige 7,3% gegroei.
Ander kenmerke van dié kwartaal was (*ooreenstemmende kwartaal in 2015):
- Groepinkomste uit dienste styg met 7,3% (4,6%*) tot R16, 8 miljard, met inkomste wat 5,8% (3,4%*) styg tot R19,9 miljard.
- Aktiewe kliënte verminder internasionaal met 2,6% tot 61,8 miljoen, hoofsaaklik weens die impak van nuwe internasionale registrasieprosesse.
- Inkomste uit data verteenwoordig nou 34,4% van inkomste uit dienste.
- Inkomste uit dienste in Suid-Afrika groei met ’n stewige 5,6% tot R12,4 miljard.
- Vodacom-kliënte in Suid-Afrika styg met 5,4% tot 35,1 miljoen.
- Internasionaal groei inkomste uit dienste met 13,5% (2,8%*) tot R4,47 miljard – dit word getref deur die nuwe registrasieprosesse.
- Die groep se kapitaalbesteding vir die kwartaal is R2,7 miljard, gelykstaande aan 3,6% van groepinkomste.
Shameel Joosub, uitvoerende hoof, sê in die verklaring Vodacom het sy sterk vertoning van verlede jaar in die eerste kwartaal voortgesit en hy reken dit is aanduidend van die “suksesvolle uitvoer van ’n goed beplande strategie”.
“Een van die hoogtepunte was die skerp toename in kliënte in Suid-Afrika, sowel voorafbetaalde as kontrakkliënte. Dit kan grootliks toegeskryf word aan die beduidende beleggings wat ons steeds in infrastruktuur doen om ons mededingende voordeel te behou, die beste netwerk, beter as gemiddelde kliëntediens en deur goeie waarde te bied aan ons kliënte deur innovering soos ons Just 4 You-aanbieding,” sê Joosub.
Volgens hom bly die vraag na data sterk met “kommervrye” databondel-aanbiedinge waar kliënte doeltreffender in kennis gestel word wanneer hul data klaar is.
“Die effektiewe 16%-verlaging in prys per megagreep data benadruk ons verbintenis daartoe om aan kliënte goeie waarde te bied.”
M-Pesa, Vodacom se mobiele betaalstelsel, het volgens Joosub stewig vertoon in die res van Afrika. Aktiewe kliënte vir M-Pesa het met 34,7% gegroei tot 10,6 miljoen en inkomste het met 47,5% tot R500 miljoen gestyg.
“In Mosambiek en die Demokratiese Republiek van die Kongo is kritieke massa bereik met 1,4 miljoen kliënte elk.”
Joosub het die Onafhanklike Kommunikasie-owerheid van Suid-Afrika (Okosa) se uitnodiging om deel te neem aan ’n breëbandveiling verwelkom as ’n groot voorwaartse stap vir die Suid-Afrikaanse ekonomie en die land as geheel. - Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie