Blasters trap Strikers se tjank af
Krieket
Tielman van Lill – Die eindstryd van die 2020 Richelieu T20-franchisereeks is gistermiddag by Gemsbokpark in Olympia deur die BA Blasting Blasters met vyf lopies gewen.
Dié reeks wat in Maart afgeskop het, is die naweek afgehandel ná die maandelange onderbreking van die nasionale inperking.
Voordat die Strikers teen die Blasters kon kragte meet, moes hulle eers die King Price Kings, verdedigende kampioen van 2019, met ses paaltjies in die semifinaal uitskakel. Die Kings of Swing het eerste gekolf en 'n makkerige 146 almal uit in 19.4 boulbeurte behaal.
Hoewel die bewolkte toestande vir 'n minder kolfvriendelike blad gesorg het, het al die spanne met tye topkrieket gespeel.
Die Strikers het danksy aanvangskolwers Stephen Baard (38 lopies, 20 balle, 7x4) en Niko Davin (53, 28 b, 7x4, 3x6) binne 8 bb op 92 lopies vir die verlies van twee paaltjies gedraai.
Die Strikers-paaltjiewagter Lo-han Louwrens was ewe vernietigend met 40* van 23 aflewerings (2x4, 3x6) om sy span met 'n finale ses binne 16.3 bb tot 'n sege (151/4) aan te vuur.
Die Strikers-boulers Nicolaas Scholtz (2/22 in 4 bb), Shaun Fouché (2/33, 3.4 bb), Steven Delport (4/20, 4 bb) en Divan la Cock (1/27, 4 bb) het die Kings se kolwers met goeie boulwerk in toom gehou.
Die Strikers moes sekerlik met baie vertroue die finaal benader het, want hulle het Saterdag met net 12 lopies (202 almal uit in 20 bb) in sy groepwedstryd teen die Blasters verloor. Die Blasters wat by United eerste gekolf en 214/4 in 20 bb opgestel, maar toe het Nicol Loftie-Eaton met 121 van 54 aflewerings (9x4, 9x6) breed in hul pad gaan staan.
FINAAL
Die 15-jarige Gerhard Janse van Rensburg (9 van 13 b, 1x4) het saam met die Eagles-kaptein Gerhard Erasmus (69, 35 b, 5x4, 6x6) die Blasters se kolfbeurt in die finaal geopen.
Sake wou aan die begin nie weer heeltemal vir Blasters so glad soos die vorige dag verloop nie. In die eindstryd is Loftie-Eaton vroeg deur die Strikers se planne gefnuik en vir net 15 lopies (11 balle, 1x4, 1x6) uitgehaal.
Karl Birkenstock op nommer vier (34 van 24 b, 1x4, 3x6) en Michau du Preez op vyf het vir opwindende kolfwerk en reuse-sesse gesorg om in hul laaste vyf boulbeurte teen 14.60 lopies per boulbeurt te kolf. Du Preez jaag na 59 lopies van net 25 balle (1x4, 6x6) om die Blasters tot 200/7 in 20 boulbeurte aan te vuur.
Renier Bosman met 3/31 in 4 bb was die Strikers se beste bouler, gevolg deur Nicolaas Scholtz (1/45 in 4), Fouché (1/29 in 4), Delport (1/63 in 4) en La Cock (1/32 in 4).
Die aanslag van die Strikers het platgeval toe sy topkolwers soos Stephen Baard (13, 8 b, 1x4, 1x6), Niko Davin (1, 3 b), Lo-han Louwrens (21, 10 b, 1x4, 2x6) en Jan Frylinck (17, 11 b, 2x4, 1x6) kleedkamer toe is met net 52 op die bord.
Die 17-jarige Divan la Cock (123* van 59 b, 4x4, 11x6) op nommer vier het briljant gekolf om sy span se skip terug op koers te kry. Hy was die groot faktor om die Strikers op 195/8 binne net vyf lopies van die teiken te kry.
Karl Birkenstock (3/50 in 4 bb), Elton Ambambi (2/37 in 3), Bernard Scholtz (1/34 in 4), Gerhard Erasmus (1/19 in 4) en Nicol Loftie-Eaton (1/29 in 4) het die skade met die bal aangerig om die BA Blasting Blasters 'n sege van vyf lopies en die Richelieu-trofee te besorg.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie