Blackburn onderhandel met Nyambe
Die Namibiër is een van elf spelers wie se kontrak in Junie verstryk.
Die Engelse sokkerklub Blackburn Rovers sal na verwagting 'n opsie uitoefen om die Namibiese verdediger Ryan Nyambe se kontrak met 12 maande te verleng, berig Lancs Live.
Die 23-jarige boorling van Katima Mulilo is een van elf spelers wie se kontrak met die klub in die Engelse somer sal verstryk en die Rovers is in onderhandelinge met verskeie van hulle gewikkel om hul dienste oor die lang termyn te behou.
Hoofafrigter Tony Mowbray het erken dat finansies 'n belemmerende faktor in die onderhandelinge is, maar die klub bly hoopvol dat gesprekke met Nyambe en andere suksesvol sal wees.
Terwyl onderhandelinge voortduur, is dit onthul dat Rovers die opsie het om Nyambe se kontrak met twaalf maande te verleng indien die partye nie op die bepalings van 'n nuwe ooreenkoms kan instem nie.
Hoewel hierdie opsie geen versekering vir Nyambe se langtermynvooruitsigte bied nie, stel dié bepaling die klub in staat om onmiddellike komplikasies af te weer en verhinder dat hulle 'n waardevolle bate tydens die somermaande verniet moet weggee.
“Nyambe het hom gevestig as een van die Engelse Kampioenskap (eerste liga) se beste heelagters en sy ontwikkeling vergestalt die vordering wat die klub die afgelope seisoene gemaak het,” berig die sokkerskrywer Jaquob Crooke.
“Hy het in Desember sy 150ste verskyning vir die klub in die nederlaag met 2-1 teen Huddersfield Town gemaak en het algaande ontwikkel in 'n geheime wapen vir Rovers op die aanval. Op die verdediging is daar min opponente wat hom in een-op-een situasies kon klop.”
In Oktober het Mowbray aan Lancs Live gesê: “Nyambe het nog baie potensiaal vir groei. Ek hoop hierdie is die begin van groot vordering om 'n uitstaande heelagter te word.
“Ons weet hy het die fisieke krag en die vermoë om een-op-een te verdedig. Waarin hy wel kan verbeter, is die akkuraatheid van sy aangeë, sy vermoë om die spasie agter opponente te vind en om die regte aangee op die regte tydstip te kies.”
Blackburn Rovers speel môre 'n tuiswedstryd teen Doncaster in die Engelse FA-beker.
Op die puntelys van die Engelse Kampioenskap is die klub tans elfde uit 24 spanne.
– lancs.live

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie