Bitcoin sink met 15%
Noudat die nuutjie van termynkontrakte vir bitcoin begin afwater, het sy prys ook 'n stewige knou weg. Bitcoin het vroeg gisteroggend teen US$16 626,42 in Hongkong verhandel.
Dit is nadat hy Sondag volgens Coindesk teen US$19 694,68 verhandel het.
Dit is die skerpste daling sedert termynkontrakte vir dié kriptogeldeenheid op 10 Desember begin verhandel het.
“'n Regstelling op kort termyn sou definitief iewers gebeur,” sê Thomas Glucksmann, hoof van bemarking by Gatecoin in Hongkong.
“Ek dink teen die einde van die week sal die prys weer effens styg.
“Om eerlik te wees, ek sien hierdie net as die wisselvalligheid op kort termyn wat ons in elk geval verwag het.”
ETHER EN RIPPLE
Beleggers het meer belangstelling in kleiner kriptogeldeenhede soos ether en ripple getoon. Hulle het nie soveel as bitcoin vanjaar gestyg nie.
Daar word voorspel dat daar 'n groter kans is dat die waarde van kleiner geldeenhede kan styg as dié van bitcoin.
Coinbase het boonop gesê hy gaan bitcoin-kontant beskikbaar stel. Bitcoin-kontant is 'n kriptogeldeenheld wat geskep is ná die verdeeldheid wat in Augustus in bitcoin se blokketting geskep is. Bitcoin-kontant vergroot die grootte van blokke op die ketting.
Dit maak dit moontlik dat meer transaksies verwerk kan word.
Coinbase het die nuwe kriptogeldeenheid wel vir 'n paar minute op sy platform laat verhandel, maar dit toe gestop, sê hy op sy webtuiste.
Hy sê hy sal binnekort nuwe inligting oor sy planne vir dié eenheid plaas.
– Netwerk24/Nampa/Reuters/Bloomberg

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie