Bisley-seisoen open met hoë tellings
Skietsport
Die Namibiese Geweerskietvereniging (NRA) het sy 2020 bisley-seisoen die afgelope naweek met 'n goeie Trans-Kalahari Wes-byeenkoms by die Neels Dodds skietbaan buite Windhoek geopen.
Die kompetisie onder die skuts was taai in al die skietdissiplines, insluitend die FTR-klas en die F-Ope klas. Die program het begin met 'n 300 meter oefenronde om verstellings te kan maak, waarna die amptelike kompetisie afgeskop het met drie rondtes oor 500 meter en twee rondtes oor 600 meter.
Die volledige uitslae per klas was soos volg (tellings uit 'n moontlike 225 punte en moontlike 45 V-kolle):
FTR-klas: 1 Wiann Mans, 221 met 20 V-kolle; 2 Pieter Malan, 221 met 18 V-kolle; 3 Daan van Rensburg, 219 met 19 V-kolle; 4 Robert Lottering, 208 met 19 V-kolle; 5 Wessel Honiball, 201 met 11 V-kolle; 6 Urda Bohn, 201 met 6 V-kolle; 7 Dewet Wasserfall, 191 met 10 V-kolle; 8 Jan Styger, 184 met 5 V-kolle; 9 Nico Wasserfall, 176 met 5 V-kolle; 10 Margret Wasserfall, 176 met 4 V-kolle; 11 John Robinson, 164 met 2 V-kolle.
F-Ope Klas: 1 John Williams, 199 met 8 V-kol; 2 Deon Jordaan, 197 met 8 V-kolle; 3 Nick von Bergen, 188 met 7 V-kolle.
Die NRA bedank graag sy borg vir die afgelope naweek, Impact Web Studio, wat medaljes verskaf het aan die topdrie plekke in elke klas, asook vir die meeste V-Kolle van die dag.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie