Bisley-seisoen op hoë noot afgesluit
Skietsport
Die Namibiese Geweerskietvereniging (NRA) het sy 2019 bisley-seisoen die afgelope naweek met ’n opwindende Trans-Kalahari Sentraal byeenkoms by die Neels Dodds skietbaan buite Windhoek afgesluit.
Die skietdissiplines het die FTR-klas, TR A-klas, TR B-klas asook die F-Ope klas ingesluit. Die kompetisie onder die skuts was taai.
Die skietprogram het begin met ’n 300 meter inskiet waarna die kompetisie toe af geskop het met 300 meter (twee rondes), 500 meter (een ronde) en 600 meter (twee rondes).
Die byeenkoms se topdrie uitslae per klas is soos volg (uit ’n moontlike 225 punte en 45 V-kolle):
FTR-KLAS
1 Wiann Mans, 208 met 12 V-kolle
2 Pieter Malan, 207 met 19 V-kolle
3 Daan van Rensburg, 207 met 14 V-kolle
Meeste V-kolle: Pieter Malan (19)
TR A-KLAS
1 Jacques Lotteryman, 186 met 4 V-kolle
Meeste V-kolle: Jacques Lotteryman (vier)
TR B-KLAS
1 Jacques Lotteryman Junior, 130 met 0 V-kolle
F-OPE Klas
1 Nick von Bergen, 193 met 9 V-kolle
Meeste V-kolle: Nick von Bergen (nege)
Ter afsluiting van die jaar se bisleyprogram is erkenning aan die beste drie skuts in elke klas gegee. Dié uitslae is deur die afgelope jaar se uitslae bepaal. In elke klas is ook ’n kampioen met die meeste V-kolle deur die afgelope jaar aangewys.
Die jaarlikse wenners vir 2019 was:
FTR Klas
1 Wiann Mans, 92.4%
2 Daan van Rensburg, 91.2%
3 Pieter Malan, 90.5%
Meeste V-kolle: Wiann Mans (78)
TR A-Klas
1 Christie Honey, 91.2%
2 Jacques Lotteryman, 85.1%
3 Robbie Robinson, 78.2%
Meeste V-kolle: Robbie Robinson (61)
F-OPE KLAS
1 Mathys du Preez, 43.1%
2 Nick von Bergen, 42.4%
Meeste V-kolle: Mathys du Preez (27).
Die NRA bedank graag sy borge vir die afgelope naweek. Safari Den het 200 kompetisiegraad Berger-patroonpunte geborg. Die land se topdrie FTR-skuts skiet tans met hierdie patroonpunte, net soos die meerderheid internasionale langafstandskuts.
Rosenthal Guns het een duisend CCI slagdoppies geborg wat tans die gewildste onder lede van die NRA is. Super Tyres het drie koopbewyse vir wielsporing geborg. Die NRA waardeer die bydraes en spreek namens al sy lede waardering vir die ondersteuning uit.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie