Birmingham die groot trekpleister
Stoei
Tielman van Lill
Die Namibiese Stoeifederasie (NWF) bied môre van 9:00 to 14:00 sy jaarlikse Nasionale Stoeikampioenskap by die Naskoolsentrum in Katutura aan.
Al die stoeiklubs in die land sal aan die kompetisie deelneem. Vir 'n paar van die topstoeiers in Namibië sal dit die opbou wees in hul voorbereidings om deel te neem aan die Statebondkampioenskap wat volgende week in Pretoria, Suid-Afrika, plaasvind.
Sestien stoeiers en drie afrigters sal volgende week vir vier dae in Pretoria hul merk maak wat goed vor Namibiese stoei is. Die NWF hoop om met dié deelname volgende jaar stoeiers na die Statebondspele in Birmingham te kan stuur.
Die NWF verwag hierdie naweek goeie vertonings van sy stoeiers en hoop om toeskouers in groot getalle by die Naskoolsentrum te sien.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie