Binnepolitiek teister Swanu

Die takleiers van Namibië se oudste politieke party wil 'n buitengewone kongres belê om die leierskap te ontbind.
Augetto Graig
Augetto Graig – Namibië se oudste politieke party word deur binnegevegte geteister. 'n Sentrale twispunt is die verkiesing van 'n voormalige president en langsdienende partylid, dr. Rihupisa Kandando, as voorsitter van 'n komitee wat op 2 en 3 Julie 'n buitengewone kongres wil belê om die partyleierskap in die sentrale komitee en die politburo te verwyder.

Volgens Kandando is hy verkies by 'n vergadering op 22 Mei wat deur 12 Swanu-takhoofde bygewoon is. Die besluit is geneem om die partyleierskap uit te daag weens 'n gebrek aan vertroue in hul vermoëns.

Hy neem Swanu se leierskap kwalik vir hul laksheid om nie vir die laaste drie jaar 'n vergadering van die party se sentrale komitee te belê nie, en vir die aanstelling van dr. Tangeni Iijambo as die president van die party sonder dié komitee se goedkeuring.

Iijambo het vir mnr. Evilastus Kaa­ronda as die party se waarnemende algemene sekretaris aangestel. Iijambo het navrae na Kaaronda verwys.

Kaaronda sê die vergadering was strydig met Swanu se grondwet en hy verwerp Kandando se eis in geheel.

Hy sê Kandando en die ander gegriefde partylede is bloot afgunstig oor die vordering wat die party die afgelope tyd gemaak het.

“Die party probeer verenig en vorentoe beweeg,” sê hy.

Kaarondo sê Swanu kon vir die laaste drie jaar geouditeerde finansiële verslae indien, en het ná 'n vergadering op 13 en 14 Maart 'n komitee verantwoordelik vir versoening, herbouing, herposisionering en rehabilitasie van die party se 35 takke op die been gebring.

Swanu werk nou na 'n vergadering van die party se sentrale komitee op 23 Julie, nog een vroeg in Desember, en 'n kongresvergadering in April 2022, sê hy.

Kandando sê die party kan nie meer sy verpligtinge uitvoer nie weens leemtes in belangrike posisies en 'n tekort aan gehalte en toewyding in beginsels onder die lede wat nou op die sentrale komitee en op die politburo dien.

Hy sê “die hele politburo is 'n politieke foefie, 'n instansie saamgestel uit dr. Iijambo se sosiale vriende, en 'n instansie sonder wettigheid en geloofwaardigheid of enige vorm van mandaat.”

Kaaronda het teruggekap en gesê Kandando, mnr. Alpha Kangueehi, wat hom skriftelik van die vergadering op 22 Mei ingelig het, en mnr. Uvaterera Kahorere, die woordvoerder van die kongreskomitee, saai almal onmin om self weer die bestuur van die party oor te neem.

“Swanu vaar nou veel beter as in sy tyd as president,” sê hy van Kandando.

“Gedurende sy tyd het die sentrale komitee ook nie vergader nie, en daar was geen politburo nie,” sê Kaaronda.

Volgens hom is Kandando nou gemotiveer omdat Swanu se finansies in orde is, en veral omdat die party se vereniging van veterane met 'n “aantreklike balansstaat” kan spog.

Kandando het geweier om kommentaar oor Kaaronda se uitlatings te lewer, omdat Kaaronda volgens hom onreëlmatig aangestel is, nog nie deur die sentrale komitee as algemene sekretaris aanvaar is nie, en 'n nuweling in die party is.

“Hy het geen wetlike reg om iets te sê nie. Hy is 'n nuweling wat binne vier weke van aansluiting as waarnemende algemene sekretaris aangestel is,” sê hy.

Kandando noem Kaaronda 'n kansvatter (fly-by-night) en 'n “politieke huursoldaat”.
[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-05-10

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 13° | 33° Rundu: 13° | 33° Eenhana: 14° | 34° Oshakati: 16° | 33° Ruacana: 17° | 34° Tsumeb: 17° | 31° Otjiwarongo: 15° | 31° Omaruru: 18° | 32° Windhoek: 16° | 28° Gobabis: 16° | 30° Henties Bay: 14° | 20° Wind speed: 24km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:44, High tide: 04:42, Low Tide: 22:59, High tide: 17:11 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 31km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:42, High tide: 04:40, Low Tide: 22:57, High tide: 17:09 Walvis Bay: 16° | 23° Wind speed: 36km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:42, High tide: 04:39, Low Tide: 22:57, High tide: 17:08 Rehoboth: 16° | 29° Mariental: 18° | 30° Keetmanshoop: 13° | 29° Aranos: 18° | 30° Lüderitz: 13° | 27° Ariamsvlei: 10° | 25° Oranjemund: 13° | 20° Luanda: 25° | 28° Gaborone: 15° | 31° Lubumbashi: 14° | 30° Mbabane: 16° | 25° Maseru: 11° | 25° Antananarivo: 13° | 23° Lilongwe: 16° | 28° Maputo: 18° | 29° Windhoek: 16° | 28° Cape Town: 13° | 17° Durban: 19° | 24° Johannesburg: 17° | 26° Dar es Salaam: 23° | 31° Lusaka: 17° | 30° Harare: 14° | 28° Currency: GBP to NAD 23.02 | EUR to NAD 19.83 | CNY to NAD 2.55 | USD to NAD 18.43 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.31 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.66 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.58 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.06 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.6 | USD to EGP 47.35 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1439.8 | USD to ZAR 18.43 | USD to ZMW 27.02 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 77539.13 Up +0.47% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1733.43 Up +1.10% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13478.23 Up +0.44% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26003.16 Up +0.05% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 361.27/OZ UP +0.62% | Copper US$ 4.58/lb UP +0.39% | Zinc US$ 2 934.30/T UP 0.53% | Brent Crude Oil US$ 84.57/BBP DOWN -0.0011 | Platinum US$ 988.75/OZ UP +0.35% Sport results: Weather: Katima Mulilo: 13° | 33° Rundu: 13° | 33° Eenhana: 14° | 34° Oshakati: 16° | 33° Ruacana: 17° | 34° Tsumeb: 17° | 31° Otjiwarongo: 15° | 31° Omaruru: 18° | 32° Windhoek: 16° | 28° Gobabis: 16° | 30° Henties Bay: 14° | 20° Wind speed: 24km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:44, High tide: 04:42, Low Tide: 22:59, High tide: 17:11 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 31km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:42, High tide: 04:40, Low Tide: 22:57, High tide: 17:09 Walvis Bay: 16° | 23° Wind speed: 36km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:42, High tide: 04:39, Low Tide: 22:57, High tide: 17:08 Rehoboth: 16° | 29° Mariental: 18° | 30° Keetmanshoop: 13° | 29° Aranos: 18° | 30° Lüderitz: 13° | 27° Ariamsvlei: 10° | 25° Oranjemund: 13° | 20° Luanda: 25° | 28° Gaborone: 15° | 31° Lubumbashi: 14° | 30° Mbabane: 16° | 25° Maseru: 11° | 25° Antananarivo: 13° | 23° Lilongwe: 16° | 28° Maputo: 18° | 29° Windhoek: 16° | 28° Cape Town: 13° | 17° Durban: 19° | 24° Johannesburg: 17° | 26° Dar es Salaam: 23° | 31° Lusaka: 17° | 30° Harare: 14° | 28° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.02 | EUR to NAD 19.83 | CNY to NAD 2.55 | USD to NAD 18.43 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.31 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.66 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.58 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.06 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.6 | USD to EGP 47.35 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1439.8 | USD to ZAR 18.43 | USD to ZMW 27.02 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 77539.13 Up +0.47% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1733.43 Up +1.10% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13478.23 Up +0.44% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26003.16 Up +0.05% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 361.27/OZ UP +0.62% | Copper US$ 4.58/lb UP +0.39% | Zinc US$ 2 934.30/T UP 0.53% | Brent Crude Oil US$ 84.57/BBP DOWN -0.0011 | Platinum US$ 988.75/OZ UP +0.35%