• Tuisblad
  • Weer
  • Binnelanders bibber, kusbewoners stik aan die stof

Binnelanders bibber, kusbewoners stik aan die stof

Ronelle Rademeyer
Ronelle Rademeyer



Ná 'n naweek waarin ysige weer ­Namibiërs in die suidelike, ­sentrale en oostelike dele van die land laat les opsê het, kan binnelanders volgens die Namibiese ­weerkantoor uitsien na effe warmer toestande van vandag af.

Die weerkantoor het egter 'n weerwaak uitgereik oor baie warm tot bloedig warm toestande met sandstorms wat in die komende week langs die Namibiese kus sal voortduur. Intussen het binnelanders van Vrydag af op Reën in Namibia se Facebook-blad temperatuurmetings geplaas van plekke waar die kwik tot onder vriespunt gedaal het.

Die laagste meting waaroor die naweek op dié blad berig is, was -12 ºC by Kappsfarm oos van Windhoek.

Kommentaar

Republikein 2026-07-29

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer