Biltongmuffins
Biltongmuffins

Biltongmuffins

Lloyd Zandberg
Bestanddele

2 eetlepels botter

150 g bruinsampioene, gekap

4 sprietuie, fyngekap

1¼ koppie meel

1 teelepel bakpoeier

¼ teelepel koeksoda

’n knippie sout

1 koppie beleë cheddar, fyngerasper

1 koppie fyn biltong

½ koppie karringmelk

2 eetlepels olyfolie

1 eier

Metode

Hierdie muffins is die ideale padkosontbyt vir wanneer julle voordag al moet vertrek. Dis lekker soutig en maklik om so in die ry te hap.

1. Voorverhit die oond tot 180 °C. Spuit ’n standaardmuffinpan met kleefwerende kossproei.

2. Verhit die botter in ’n pan en braai die sampioene en sprietuie saam tot sag. Verwyder van die hitte en hou eenkant.

3. Meng die meel, bakpoeier, koek-soda en sout saam. Roer die kaas en biltong daarby.

4. Klits die karringmelk, olyfolie en eier saam. Roer die sampioene en sprietuie daarby. Kombineer die meelmengsel en die eiermengsel tot net gemeng.

5. Vul die holtes van die muffin- pan tot driekwart. Bak vir 15 minute tot goudbruin. - Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2026-11-14

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer