Bill Gates steeds rykste mens
Ondanks 'n sukkelende wêreldekonomie is daar steeds heelwat superrykes in die wêreld en volgens Forbes bly Bill Gates boaan die lys.
Bill Gates is vir die vierde agtereenvolgende jaar die rykste mens op aarde met 'n persoonlike fortuin van sowat $86 miljard.
Gates, die medestigter van Microsoft, is een van vele wat sy fortuin uit tegnologie gemaak het.
Volgens die tydskrif Forbes, wat elke jaar 'n ranglys van die wêreld se rykste mense opstel, kom die meeste miljardêrs van die VSA (565) gevolg deur China (319) en Duitsland (114).
Forbes sê die wêreldwye miljardêrbevolking het die afgelope jaar met sowat 13% tot 2 043 gegroei. Dit is die grootste toename in die 31 jaar dat die ranglys saamgestel word.
Warren Buffett, uitvoerende hoof van Berkshire Hathaway, is die wêreld se tweede rykste mens met 'n fortuin van $75,6 miljard.
Die jongste lid van die toptien rykste mense ter wêreld is Mark Zuckerberg (32), die stigter van Facebook, met 'n fortuin van $56 miljard.
Zuckerberg en sy vrou, Priscilla Chan, het reeds in 2015 onderneem om 99% van hul aandele in Facebook vir humanitêre ontwikkeling te skenk.
Die wêreld se rykste vrou volgens Forbes is Liliane Bettencourt van Frankryk. Bettencourt is die dogter van Eugène Schueller, die stigter van L'Oréal. Sy is veertiende op die ranglys met 'n fortuin van $39,5 miljard.
Die rykste persoon van Afrika is die Nigeriër Aliko Dangote wat 105de op die ranglys is met 'n fortuin van $12,2 miljard.
Die rykste Suid-Afrikaner is die mynbaas Nicky Oppenheimer wat met 'n fortuin van $7 miljard op no. 199 op die ranglys is. Ander Suid-Afrikaners op die lys is onder meer Johann Rupert met $6,1 miljard (237) en Christo Wiese met $5,6 miljard (269).
Die Suid-Afrikaans gebore Elon Musk, die hoof van Tesla en nou 'n Amerikaner, is op no. 80 met sy fortuin van $13,9 miljard.
Die jongste vrou op die lys is Yang Huiyan van China wat op 35 'n fortuin van $9 miljard uit eiendom gemaak het. Sy is 140ste op die ranglys.
Die jongste persoon op die lys van meer as 500 miljardêrs is Evan Spiegel wat op 26 $4 miljard gemaak het uit Snapchat. Hy is 441ste op die ranglys.
Pres. Donald Trump se fortuin het gekrimp nadat eiendomspryse in veral Manhatten, New York, die afgelope jaar heelwat gedaal het.
Hy het met 220 plekke tot no. 544 geval en word op $3,5 miljard gewaardeer.
“40% van Trump se fortuin lê in Trump Tower en agt geboue binne 'n myl daarvan. Die buurt het onlangs, relatief gesproke, gesukkel,” berig Forbes. -Netwerk24/Fin24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie