Bietjie meer skop in NamBrew-prys
Meer as N$10,5 miljoen se aandele is verlede week in totaal op die plaaslike indeks verhandel teenoor sowat N$21,2 miljoen die vorige week.
Jo-Maré Duddy - Net Namibia Breweries Ltd (NBL) kon Vrydag met ''n hoër sluitingsprys as die vorige week op die plaaslike indeks van die Namibiese aandelebeurs (NSX) spog, terwyl drie maatskappye op dié indeks met ''n laer prys vir lief moes neem.
NamBrew het Vrydag op N$27,60 per aandeel geëindig, 3c stuk of 0,1% hoër as die vorige week.
Bidvest Namibia Ltd, FNB Namibia Holdings en Oryx Properties Ltd se sluitingspryse het egter almal teruggesak: Bidvest en FNB met 1c per aandeel elk en Oryx met 3c stuk. Bidvest het op N$10,28 per aandeel geëindig, terwyl FNB en Oryx op N$47,99 en N$21,36 per aandeel onderskeidelik gesluit het.
Meer as N$10,5 miljoen se aandele is verlede week in totaal op die plaaslike indeks verhandel teenoor sowat N$21,2 miljoen die vorige week.
Geldgewys het Capricorn Investment Group (CGP) die besigste week agter die rug met bykans N$7,3 miljoen van dié groep se aandele wat in totaal van die hand gesit is. CGP het Vrydag op N$17 per aandeel gesluit, dieselfde as die vorige week.
NamBrew het bykans N$1,2 miljoen se transaksies in totaal beklink. Ander verhandeling op die plaaslike indeks was: Oryx (N$437 078); FNB (N$425 383); Namibia Asset Management (N$187 500; sluitingsprys 75c per aandeel) en Bidvest (N$185 040).
Die plaaslike indeks het verlede week op 545,43 punte geëindig, ''n styging van 0,16% teenoor die vorige week.
Op die algehele indeks van die NSX is sowat N$146,7 miljoen se aandele verlede week in totaal van die hand gesit vergeleke met nagenoeg N$198,4 miljoen die vorige week. Die indeks het met 3,33% teenoor die vorige week verstewig en het Vrydag op 1 032,22 punte gesluit. Die JSE se indeks van alle aandele het verlede week met 0,94% gestyg.
Die weekwenner op die algehele indeks was B2Gold Corp. Dié meerderheidsaandeelhouer in die Otjikoto-goudmyn het Vrydag op N$38,39 per aandeel gesluit, N$2,98 stuk hoër as die vorige week.
Paladin Energy Ltd, die meerheidsaandeelhouer in die Langer Heinrich-uraanmyn, was die week se grootste verloorder. Dié groep se aandeelprys het met 8,1% geval en op N$1,58 stuk gesluit, 14c per aandeel laer as die vorige week.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie