Bied 2019 beste kans nóg vir Namibië?

Rugbypraatjies is aan die orde van die dag ná die loting vir die volgende Wêreldbeker.
Andrew Poolman
Andrew Poolman - Die identiteit van die Repechage-wenner wat na groep B deurdring, kan dalk bepalend wees vir Namibië se kanse om in 2019 sy eerste wedstryd by 'n Wêreld­bekertoernooi te wen.

Gister se amptelike loting in die gasheerland vir die 2019-skouspel, Japan, het die rugbywêreld aan die praat oor wat dit vir elke land se kanse op sukses beteken.

Die huidige Wêreldbeker-houer Nieu-Seeland, Suid-Afrika en Italië is die drie bevestigde spanne vir groep B van die toernooi. Afrika se topkwalifiseerder sal by hulle aansluit – hopelik Namibië, natuurlik – met die vyfde plek wat vir die Repechage-wenner bespreek is.

Laasgenoemde is gewoonlik die heel laaste kwalifiseerder, deur 'n minitoernooi tussen die beste geplaasde verloorders uit die vyf kwalifiserende streke van wêreldrugby (Europa, Oseanië, Afrika, Asië en die Amerikas).

Heelwat water moet nog in die see loop terwyl al hierdie streke se uitdunne bepaal word, maar 'n vroeë vooruitskatting is dat spanne soos Uruguay (Amerikas), Roemenië, Spanje of Rusland (Europa), Kenia of Zimbabwe (Afrika) hier betrokke kan wees.

Dit is nou tensy die derde span in die Pasifiese Beker (uit Tonga, Fidji en Samoa) dalk in 'n afsonderlike uitspeelwedstryd teen 'n Europese kwalifiseerder verloor om ook in hierdie Repechage-pot te beland. Die wenner van dié uitspeelwedstryd dring deur na Japan 2019.

Namibië het tevore teen feitlik al die genoemde lande gewen én verloor, behalwe Uruguay (een keer) en Tonga (twee keer) teen wie hy nog in elke vorige ontmoeting aan die verloorkant was.

Die beste nuus wat gister vir Namibië opgelewer het, is dat hy anders as ooit tevore in 'n Wêreldbeker-groep saam met die Repechage-kwalifiseerder geplaas is.

Dit het nie in 1999, 2003, 2007, 2011 óf 2011 se toernooie gebeur nie.

Uiteraard is die grootste opspraak gister gewek deur die nuus dat Nieu-Seeland en Suid-Afrika as aartsvyande in dieselfde groep beland het. Namibië was al tevore een keer elk saam met die All Blacks en Suid-Afrika gegroepeer en sal opnuut hierdie kans wil aangryp om soveel internasionale aandag as moontlik op die land en sy rugbyspelers te vestig.

Vier jaar gelede het Namibië hom in sy openingswedstryd in Londen baie goed teëgesit voordat die All Blacks met 58-14 gewen het.

In 2011 het Jacques Burger-hulle in Albany, Nieu-Seeland, eers in hul derde wedstryd die Springbokke getakel en het met 87-0 verloor.



KWALIFISERING IN 2018

Kenia, Zimbabwe en Senegal is die drie lande wat waarskynlik in Namibië se pad van regstreekse kwalifikasie staan.

Ietwat verrassend is dat die Wêreldbeker se kwalifiserende wedstryde in Afrika volgens die huidige skedulering vir Aprilmaand 2018 bestem is.

Die Namibië Rugby-unie sal glo egter binne die volgende maand die besluitnemers van Rugby Afrika probeer oortuig dat hierdie wedstryde soos gebruiklik gedurende die internasionale vensterperiode vir toetsrugby (Junie tot Augustus) gespeel moet word.

Die verskil is natuurlik dat nasionale spanne gedurende dié vensterperiode voorkeur kry om hul beste beroepspelers van enige plek in die wêreld te mag oproep – eerder as die klubs of unies wat dié manne betaal.

Polities gesproke veroorsaak Namibië se oorheersing van die kontinentale kompetisie vir die enkele beskikbare Wêreldbeker-plek (sedert 1999 het Namibië 'n monopolie hierop verwerf) soms 'n mate van wrewel onder sy uitdagers – spesifiek onder Afrika se Franssprekende lande.

Nogtans sal dit ondenkbaar wees dat volgende jaar se beslissende Wêreldbeker uitdunwedstryde nié in die internasionale vensterperiode gespeel word nie, wanneer elke land toegang tot sy beste spelers sal hê. Selfs Wêreldrugby as beheerliggaam behoort nie enigins vir so 'n afgewaterde kompetisie te vinde te wees nie.



REAKSIE

Namibië se afrigter Phil Davies, wat ook in 2015 aan die stuur was, is vandeesweek in Windhoek, maar was gister in vergaderings en kon nie vir kommentaar bereik word nie.

Die All Blacks se breier Steve Hansen het op 'n nuuskonferensie gesê: “Ons is geloot in 'n groep wat nogal sterk spanne het en dis oukei so. Ons ken Suid-Afrika goed en ons weet hulle sal taai wees.

“Italië is 'n span wat verbeter en ons weet nog nie wie die ander kwalifiseerders sal wees nie, maar ons kan aanvaar dat dit kompeterende spanne sal wees.

“Dis hoe dit is. Groep C is ewe moeilik. Om die beker te wen, sal jy by die moeilike spanne verby moet kom.”



'GUNSTIG' VIR BOKKE

Die Springbokke hoef nie in sak en as te sit oor die feit dat hulle die All Blacks in die groepfase van die Wêreldbekertoernooi in 2019 moet pak nie. Trouens, dis eintlik góéie nuus vir Suid-Afrikaanse rugby.

Dít was gister die algemene konsensus onder oud-Bokke.

“Jy speel liewer teen hulle (die All Blacks) in die groepfase as in 'n uitspeelwedstryd, want dan weet jy dat jy hulle eers weer in 'n moontlike eindstryd kan kry,” het Victor Matfield, gewese Bok-slot en 'n veteraan van vier WB-toernooie, gesê.

Volgens hom moet die Bokke net seker maak hulle klop Italië, sodat hulle van 'n plek in die kwarteindronde verseker is. Italië het natuurlik verlede jaar 'n skoksege oor Suid-Afrika behaal.

Sou Suid-Afrika die kwarteind haal, sal hy teen een van die twee voorste spanne in Groep A speel. Ierland, Skotland en Japan is die toplande wat in dié groep geloot is.



DIE WÊRELDBEKERGROEPE

GROEP A

Ierland, Skotland, Japan

Europa 1 (die voorste span uit die Europese Kampioenskap – Sesnasies-lande en Georgië uitgesluit)

Uitspeelwenner (die derde span uit Fidji, Samoa en Tonga speel teen die naasbeste span uit die Europese Kampioenskap om dit te bepaal).



GROEP B

Nieu-Seeland, Suid-Afrika, Italië

Afrika 1 (wenner van die Afrika-kampioenskap, Springbokke uitgesluit)

Beste verloorder (die vier bestes onder die verloorders in die kwalifiseringsproses van oor die wêreld heen speel in 'n toernooi teen mekaar om dit te bepaal).



GROEP C

Engeland, Frankryk, Argentinië

Amerikas 1 (die wenner van 'n uitspeelwedstryd tussen Amerika en Kanada).

Oseanië 2 (een van die twee beste spanne uit Fidji, Samoa en Tonga oor die gang van twee mini-toernooie in 2016 en vanjaar).



GROEP D

Australië, Wallis, Georgië

Oseanië 1 (een van die twee beste spanne uit Fidji, Samoa en Tonga oor die gang van twee mini-toernooie in 2016 en vanjaar).

Amerikas 2 (die verloorder tussen VSA en Kanada speel teen die naasbeste Suid-Amerikaanse span naas Argentinië om dit te bepaal).

Kommentaar

Republikein 2024-05-19

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Deportivo Alaves 1 vs 0 Getafe | Real Sociedad 1 vs 0 Valencia | Almería 0 vs 2 Barcelona | Las Palmas 2 vs 2 Real Betis SerieA: Torino 3 vs 1 AC Milan | Lecce 0 vs 2 Atalanta | Fiorentina 2 vs 2 Napoli European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City English Championship: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City Katima Mulilo: 11° | 31° Rundu: 9° | 30° Eenhana: 11° | 31° Oshakati: 12° | 31° Ruacana: 12° | 31° Tsumeb: 13° | 29° Otjiwarongo: 12° | 27° Omaruru: 14° | 29° Windhoek: 12° | 26° Gobabis: 13° | 27° Henties Bay: 20° | 36° Wind speed: 27km/h, Wind direction: E, Low tide: 07:06, High tide: 13:28, Low Tide: 19:06, High tide: 01:31 Swakopmund: 20° | 26° Wind speed: 25km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:04, High tide: 13:26, Low Tide: 19:04, High tide: 01:29 Walvis Bay: 22° | 33° Wind speed: 25km/h, Wind direction: SE, Low tide: 07:04, High tide: 13:25, Low Tide: 19:04, High tide: 01:28 Rehoboth: 12° | 27° Mariental: 15° | 29° Keetmanshoop: 18° | 30° Aranos: 15° | 29° Lüderitz: 16° | 35° Ariamsvlei: 18° | 32° Oranjemund: 13° | 33° Luanda: 24° | 26° Gaborone: 14° | 27° Lubumbashi: 11° | 26° Mbabane: 12° | 25° Maseru: 8° | 24° Antananarivo: 15° | 22° Lilongwe: 13° | 26° Maputo: 20° | 27° Windhoek: 12° | 26° Cape Town: 14° | 21° Durban: 17° | 28° Johannesburg: 15° | 24° Dar es Salaam: 24° | 32° Lusaka: 13° | 25° Harare: 12° | 26° Currency: GBP to NAD 23.01 | EUR to NAD 19.73 | CNY to NAD 2.51 | USD to NAD 18.15 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.7 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.55 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.35 | USD to AOA 847.42 | USD to BWP 13.49 | USD to EGP 46.86 | USD to KES 130.48 | USD to NGN 1467 | USD to ZAR 18.15 | USD to ZMW 25.45 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 79530.63 Up +0.03% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1754.58 Up +0.81% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13426.13 Up +0.11% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26142.84 Up +3.27% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9151.06 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 414.72/OZ UP +1.55% | Copper US$ 5.04/lb UP +4.12% | Zinc US$ 3 059.30/T UP 0.11% | Brent Crude Oil US$ 84.28/BBP UP +0.60% | Platinum US$ 1 084.88/OZ UP +2.19% Sport results: LaLiga: Deportivo Alaves 1 vs 0 Getafe | Real Sociedad 1 vs 0 Valencia | Almería 0 vs 2 Barcelona | Las Palmas 2 vs 2 Real Betis SerieA: Torino 3 vs 1 AC Milan | Lecce 0 vs 2 Atalanta | Fiorentina 2 vs 2 Napoli European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City English Championship: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City Weather: Katima Mulilo: 11° | 31° Rundu: 9° | 30° Eenhana: 11° | 31° Oshakati: 12° | 31° Ruacana: 12° | 31° Tsumeb: 13° | 29° Otjiwarongo: 12° | 27° Omaruru: 14° | 29° Windhoek: 12° | 26° Gobabis: 13° | 27° Henties Bay: 20° | 36° Wind speed: 27km/h, Wind direction: E, Low tide: 07:06, High tide: 13:28, Low Tide: 19:06, High tide: 01:31 Swakopmund: 20° | 26° Wind speed: 25km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:04, High tide: 13:26, Low Tide: 19:04, High tide: 01:29 Walvis Bay: 22° | 33° Wind speed: 25km/h, Wind direction: SE, Low tide: 07:04, High tide: 13:25, Low Tide: 19:04, High tide: 01:28 Rehoboth: 12° | 27° Mariental: 15° | 29° Keetmanshoop: 18° | 30° Aranos: 15° | 29° Lüderitz: 16° | 35° Ariamsvlei: 18° | 32° Oranjemund: 13° | 33° Luanda: 24° | 26° Gaborone: 14° | 27° Lubumbashi: 11° | 26° Mbabane: 12° | 25° Maseru: 8° | 24° Antananarivo: 15° | 22° Lilongwe: 13° | 26° Maputo: 20° | 27° Windhoek: 12° | 26° Cape Town: 14° | 21° Durban: 17° | 28° Johannesburg: 15° | 24° Dar es Salaam: 24° | 32° Lusaka: 13° | 25° Harare: 12° | 26° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.01 | EUR to NAD 19.73 | CNY to NAD 2.51 | USD to NAD 18.15 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.7 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.55 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.35 | USD to AOA 847.42 | USD to BWP 13.49 | USD to EGP 46.86 | USD to KES 130.48 | USD to NGN 1467 | USD to ZAR 18.15 | USD to ZMW 25.45 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 79530.63 Up +0.03% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1754.58 Up +0.81% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13426.13 Up +0.11% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26142.84 Up +3.27% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9151.06 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 414.72/OZ UP +1.55% | Copper US$ 5.04/lb UP +4.12% | Zinc US$ 3 059.30/T UP 0.11% | Brent Crude Oil US$ 84.28/BBP UP +0.60% | Platinum US$ 1 084.88/OZ UP +2.19%