Bidvest spartel in verliesstroom

Met Namibië se ekonomie wat toenemend stroom-op swem, sukkel Bidvest Namibia om kop bo water te hou.
Jo-Mare Duddy Booysen
Jo-Maré Duddy - Weens die voortslepende storm oor viskwotas is be­leggers in Bidvest Namibia Ltd teen die tyd gewoond aan rooi groeisyfers in dié plaaslik genoteerde maatskappy se finansiële resultate.

Die blóédrooisyfers in Bidvest Namibia se jongste halfjaarresultate is egter skokkend: Nie net die maat­skappy se visbedrywighede nie, maar sy voertuigafdeling asook sy voedsel- en verspreidingbelange is deur Namibië se sukkelende ekonomie geslag.

In die vrystelling van die jongste resultate Vrydag op die Namibiese aandelebeurs (NSX) sê Bidvest Namibia ondanks sy “beste pogings” om omset te verhoog, het die handelswins in die meeste van sy afdelings gedaal. Uit die ses segmente waaruit Bidvest se sakebedrywighede bestaan, het net een groei in handelswins aangeteken.

Vir die ses maande tot einde Desember 2016 was Bidvest Namibia se handelswins 'n skrale N$21,8 miljoen, sowat N$97 miljoen minder as dieselfde halfjaar in 2015. Die maatskappy se netto wins het met sowat N$87,7 miljoen getuimel.

“Kontant gegenereer uit bedrywighede is negatief vir die eerste keer sedert Bidvest (in 2009) genoteer het,” sê Eloise du Plessis, analis en ekwiteitstrateeg van PSG Namibia, in haar kitsontleding van die jongste syfers. Kontant gegenereer in die ses maande onder oorsig is minus N$30,2 miljoen. Vir dieselfde halfjaar in 2015 was dié bedrag 'n positief van bykans N$102,5 miljoen.



Segmente

Bidvest sê sy visbedrywighede is steeds aan uitdagings van die “natuur en beleid” onderhewig, faktore wat buite sy beheer is. Omset vir die halfjaar tot einde 2016 is sowat 10,8% hoër as die ooreenstemmende tydperk in 2015. Vir die jongste halfjaar het Bidvest hier egter 'n bedryfsverlies van sowat N$9,2 miljoen gely vergeleke met 'n handelswins van bykans N$66,9 miljoen vir dieselfde ses maande in 2015.

Die voertuigsegment se handelswins was sowat N$3,8 miljoen laer. Bidvest sê dié resultate het “teleurgestel”. Dié syfers is geknou deur die vuisvoos verbruiker wat veel minder nuwe voertuie kan koop, die regering wat kwaai briek met sy aankope aangedraai het, asook stygende rentekoerse en inflasie.

“Die mark vir gebruikte voertuie het gevolglik herstel en het 'n goeie vertoning gelewer. Dit was egter nie genoeg om vir die algehele vertoning te vergoed nie,” sê Bidvest.

Die groep se voedsel- en verspreidingsegmente het “gefaal” om aan sy verwagtinge te voldoen. Hoewel omset hier met sowat 4% toegeneem het, is voorraadverwante koste 'n probleem, sê Bidvest. Vir die halfjaar onder oorsig het Bidvest 'n handelsverlies van sowat N$2,1 miljoen gely teenoor 'n handelswins van bykans N$16,3 miljoen in 2015.

“'n Spesifieke aksieplan is nou vir probleemareas beraam wat streng gemonitor sal word,” sê Bidvest.

Du Plessis sê die resultate vir vis en voertuie was te wagte. Die handelsverlies wat Bidvest se voedsel- en verspreidingafdeling gely het, laat egter “bedryfsvrae” ontstaan, sê sy. “Histories genereer Bidvest kontant en die negatiewe kontantvloei deur bedrywighede is kommerwekkend.”



Vooruitsig

Bidvest het nie veel om beleggers mee te paai nie.

“Daar is geen aanduiding dat die mark of die ekonomiese klimaat vinnig gaan herstel nie,” lui die resultaatverklaring.

Bedryfsuitdagings in alle afdelings sal getakel word en, waar nodig, sal stappe gedoen word om sake reg te ruk, sê Bidvest. Geleenthede vir nuwe vennootskappe in die visbedryf bestaan en sal nagejaag word. Aangesien dié afdeling steeds té veel kapasiteit het, sal nóg 'n boot verkoop word.

Bidvest sê die groep oorweeg steeds verkrygings, maar sal nou daarop fokus om sy huidige besigheid te behou en om bedryfstrukture en –prosesse te optimaliseer.

Die groep verwag die volgende ses maande se resulate sal 'n verbetering toon, sê Bidvest.

Bidvest Namibia het Vrydag op N$9,00 per aandeel op die plaaslike indeks van die NSX gesluit. Tot dusver vanjaar het die groep se aandeelprys reeds met 11,2% geval.

Kommentaar

Republikein 2024-05-02

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Barcelona 4 vs 2 Valencia SerieA: Genoa 3 vs 0 Cagliari European Championships Qualifying: Coventry City 1 vs 2 Ipswich Town | Preston North End 0 vs 3 Leicester City English Championship: Coventry City 1 vs 2 Ipswich Town | Preston North End 0 vs 3 Leicester City Katima Mulilo: 12° | 33° Rundu: 12° | 31° Eenhana: 14° | 33° Oshakati: 16° | 32° Ruacana: 15° | 32° Tsumeb: 15° | 31° Otjiwarongo: 14° | 29° Omaruru: 15° | 32° Windhoek: 13° | 27° Gobabis: 15° | 28° Henties Bay: 16° | 21° Wind speed: 40km/h, Wind direction: E, Low tide: 04:26, High tide: 10:41, Low Tide: 16:45, High tide: 23:19 Swakopmund: 16° | 18° Wind speed: 30km/h, Wind direction: S, Low tide: 04:24, High tide: 10:39, Low Tide: 16:43, High tide: 23:17 Walvis Bay: 17° | 25° Wind speed: 30km/h, Wind direction: S, Low tide: 04:24, High tide: 10:38, Low Tide: 16:43, High tide: 23:16 Rehoboth: 15° | 29° Mariental: 18° | 31° Keetmanshoop: 20° | 32° Aranos: 18° | 30° Lüderitz: 14° | 25° Ariamsvlei: 20° | 34° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 25° | 28° Gaborone: 16° | 29° Lubumbashi: 11° | 26° Mbabane: 14° | 25° Maseru: 10° | 26° Antananarivo: 15° | 25° Lilongwe: 14° | 28° Maputo: 18° | 28° Windhoek: 13° | 27° Cape Town: 16° | 24° Durban: 18° | 26° Johannesburg: 17° | 26° Dar es Salaam: 26° | 30° Lusaka: 15° | 27° Harare: 13° | 27° Currency: GBP to NAD 23.28 | EUR to NAD 19.94 | CNY to NAD 2.59 | USD to NAD 18.64 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.32 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.68 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.58 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 133.92 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.64 | USD to EGP 47.9 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1389.52 | USD to ZAR 18.65 | USD to ZMW 26.87 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 76076.19 Down -0.5% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1690.93 Down -0.96% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13319.36 Down -0.41% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 24448.73 Down -6.01% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9146.09 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 292.90/OZ UP +0.06% | Copper US$ 4.44/lb DOWN -0.0143 | Zinc US$ 2 910.40/T UP 1.25% | Brent Crude Oil US$ 84.05/BBP DOWN -0.0304 | Platinum US$ 945.13/OZ UP +1.11% Sport results: LaLiga: Barcelona 4 vs 2 Valencia SerieA: Genoa 3 vs 0 Cagliari European Championships Qualifying: Coventry City 1 vs 2 Ipswich Town | Preston North End 0 vs 3 Leicester City English Championship: Coventry City 1 vs 2 Ipswich Town | Preston North End 0 vs 3 Leicester City Weather: Katima Mulilo: 12° | 33° Rundu: 12° | 31° Eenhana: 14° | 33° Oshakati: 16° | 32° Ruacana: 15° | 32° Tsumeb: 15° | 31° Otjiwarongo: 14° | 29° Omaruru: 15° | 32° Windhoek: 13° | 27° Gobabis: 15° | 28° Henties Bay: 16° | 21° Wind speed: 40km/h, Wind direction: E, Low tide: 04:26, High tide: 10:41, Low Tide: 16:45, High tide: 23:19 Swakopmund: 16° | 18° Wind speed: 30km/h, Wind direction: S, Low tide: 04:24, High tide: 10:39, Low Tide: 16:43, High tide: 23:17 Walvis Bay: 17° | 25° Wind speed: 30km/h, Wind direction: S, Low tide: 04:24, High tide: 10:38, Low Tide: 16:43, High tide: 23:16 Rehoboth: 15° | 29° Mariental: 18° | 31° Keetmanshoop: 20° | 32° Aranos: 18° | 30° Lüderitz: 14° | 25° Ariamsvlei: 20° | 34° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 25° | 28° Gaborone: 16° | 29° Lubumbashi: 11° | 26° Mbabane: 14° | 25° Maseru: 10° | 26° Antananarivo: 15° | 25° Lilongwe: 14° | 28° Maputo: 18° | 28° Windhoek: 13° | 27° Cape Town: 16° | 24° Durban: 18° | 26° Johannesburg: 17° | 26° Dar es Salaam: 26° | 30° Lusaka: 15° | 27° Harare: 13° | 27° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.28 | EUR to NAD 19.94 | CNY to NAD 2.59 | USD to NAD 18.64 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.32 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.68 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.58 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 133.92 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.64 | USD to EGP 47.9 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1389.52 | USD to ZAR 18.65 | USD to ZMW 26.87 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 76076.19 Down -0.5% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1690.93 Down -0.96% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13319.36 Down -0.41% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 24448.73 Down -6.01% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9146.09 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 292.90/OZ UP +0.06% | Copper US$ 4.44/lb DOWN -0.0143 | Zinc US$ 2 910.40/T UP 1.25% | Brent Crude Oil US$ 84.05/BBP DOWN -0.0304 | Platinum US$ 945.13/OZ UP +1.11%