Bid maar, terwyl jy op jou knieë is
Elvira Hattingh - Dit ruk jou aan die hart om te sien hoe droog en dors sekere plekke in ons land steeds is.
Ja, dit het al plek-plek gereën en sekere kolle in ons land het ’n grasgroen hart, maar in sommige gevalle is die gesig van jarelange droogtes lelik en bar.
Ondanks dankbaarheid vir seëninge, bly die droogte ’n grynsende skedel.
Vra maar vir die boere in die Kunene, Erongo, Omusati, in die Weste, Suide, by Omaruru, Usakos - ja, selfs in die noordooste en in die sentrale dele van die land oor die “kol-kol reën” wat hulle gedurig misloop. In ligter oomblikke sê hulle glo aan die eienaars van aangrensende plase: “Klim maar deur die grensdraad buurman, waarom sal jy nou staan en natreën?”
’n Mens kan aan die grens gaan oor die boer wat vir ons foto’s gestuur het van die drie dragtige koeie wat hy onlangs moes skiet. Hulle sou dié maand gekalf het, maar is reeds so swak dat hulle nie meer kan opstaan nie. Nee, hy kon nie meer ekstra of bekostigbare voer in die hande kry nie, vier jaar se droogtes het hom op die knieë. ’n Hopie hout op elke karkas gepak, sodat die vuur kan neem wat die skrikwekkende droogte agterlaat.
“Hulle” sê sedert die begin van die vyf jaar lange droogte in Januarie 2011, het meer as 180 000 beeste, 30 000 skape en 5 000 bokke landwyd geëis. “Hulle” sê die reën kom binnekort. Net “hulle” sal weet wie hulle is.
Of sake werklik volgens voorspellings gaan verloop, sal net tyd kan leer.
Jy kan verder huil oor die foto’s van gemsbokke, elande, vlakvarke en koedoes wat begin vrek. Die weste is droog en daar gaan lê die diere eenvoudig net - die bene skop ’n “sandengel” op die grond uit, voor hulle die stryd gewonne gee.
Vergeet van leë damme - as wild begin vrek, is die skrif aan die muur.
As ’n boer nóg ’n genadeskoot afvuur, breek ’n hart. Sonder dat iemand weet, alleen, in die stilte van die veld. Dis al.
Boere sê dis sterk vrouens wat hulle mans in hierdie tyd bystaan.
Daar is ook die boer wat noodgedwonge met sy vee moes trek, want hulle is sy lewensbrood. Miskien oortree hy die wet en bewei onwettig. Ander hongeres eet velle, want hul vee het gevrek en hulle het nie ander kos nie. Lees maar die nuus.
Die laaste boer probeer sy skape bymekaar hou op ’n plaas waar net kaal grond oor is, maar hulle loop die heeltyd weg, op soek na enige weiveld. Dan maai die roofdiere en diewe onder hulle. Soek jy maar ’n hele Kersfees lank as 60 van jou beste diere, wat jy deurentyd soos goud oppas, net wegraak!
Droogtes, geen weiding, sterwende en honger mense, vee en wild, ’n worstelende landbousektor, leë damme en ’n ekonomie in ’n resessie - hierdie land is deur die droogte op sy knieë gedwing. Terwyl ons daar is, kan ons maar net so wel begin bid.
Ons het in elk geval nie ’n keuse nie, op ons knieë sal ons staan. Tot die hemele weer oopmaak.
Daar is egter ook soveel om voor dankbaar te wees. Hou moed: Die reën kom altyd weer en ons sál in die toekoms nog dubbel en dwars vergoed word.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie