Bibberweer, ryp is hier
Bibberweer, ryp is hier

Bibberweer, ryp is hier

Minimum temperature van tot -3 °C sal vandag in Namibië voorkom, met veral die Suide, Ooste en sentrale dele wat gaan bibber.
Elvira Hattingh
Elvira Hattingh



Die aankoms van 'n sterk koue­frontstelsel gisteraand in die suidwestelike dele van Suid-Afrika, bring ook 'n koue lugmassa met 'n moontlikheid op reënbuie vir Namibië.

Dit sal snerpende koue toestande in die Suide, Ooste en sentrale Namibië veroorsaak, met 'n moontlikheid van ryp vir vandag.

Só sê die weerkantoor se hoofweervoorspeller, mnr. Odillo Kgobetsi.

Hy waarsku dat kleinvee- en saaiboere in dié gebiede die nodige voor­sorgmaatreëls teen die koue moet tref.

Volgens die weerkantoor se voorspelling sal Gobabis se minimum temperatuur vandag -3 °C wees, terwyl die kwik tot – 2 °C op Buitepos en ­Rehoboth sal daal. Aranos, Aroab, Maltahöhe en Mariental se minimum is vandag 0 °C.

Windhoek se minimum temperatuur sal op 2 °C te staan kom, sê die weerkantoor. Op Keetmanshoop en Aus sal dit vandag nie warmer as 10 °C raak nie, terwyl Opuwo die warmste sal raak met 28 °C.

“Verder sal ontstuimige seetoestande met deinings van tussen 4 m en 5,5 m waarskynlik teen die suidelike kusgebiede van Namibië voorkom. Vars tot sterk winde word oor die binneland verwag,” het Kgobetsi gesê.

Terselfdertyd kan die koue toe­stande tot Donderdag toe duur met veral vandag wat koud kan wees – aldus verskeie weer­voorspellingsdienste.

SNEEUSTORM VERSNEL KOUE

LandWater, 'n nieregeringsorganisasie wat satellietfoto's weten­skaplik analiseer en interpreteer, het verduidelik die koue word deur die sneeustorm Amaris veroorsaak, waarvan die moederstelsel self sowat 2 500 km suidsuidwes van die Kaap geleë is.

Dit lê 'n entjie noord van Antarktika.

“Die stelsel word deur 'n kragtige bolug ondersteun,” het LandWater op sy Facebook-blad verduidelik.

Verder het LandWater ­gewaarsku Amaris dra beduidende reënpoten­siaal, veral vir die Noord-Kaap en selfs Namibië.

Dit, terwyl sneeu reeds verlede week in die buurland op plekke soos Ceres, die Hexrivier­vallei, Matroosberg en Worcester voorgekom het.

Mnr. Johan van den Berg, 'n on­afhanklike landbouweerkundige, het in sy jongste klimaatsvooruitskou­ingsverslag gesê sneeu kom dikwels in die wintermaande voor ná 'n La Niña-weerverskynsel.

Hy meen dit is dus waarskynlik dat dit nog in die middel tot laat ­wintermaande in Suid-Afrika kan sneeu.

“Ryp sal na verwagting tot laat in die lente voorkom omdat die winter láát begin het en ook omdat die westelike Indiese Oseaan tans koeler seeoppervlaktemperature handhaaf.”

Hy het gesê snerpende koue sal ­gedurende die grootste dele van Julie in Namibië voorkom.

Boonop kan ryp tot so ver as die noorde van Namibië versprei.

– [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-05-19

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Deportivo Alaves 1 vs 0 Getafe | Real Sociedad 1 vs 0 Valencia | Almería 0 vs 2 Barcelona | Las Palmas 2 vs 2 Real Betis SerieA: Torino 3 vs 1 AC Milan | Lecce 0 vs 2 Atalanta | Fiorentina 2 vs 2 Napoli European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City English Championship: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City Katima Mulilo: 11° | 31° Rundu: 9° | 30° Eenhana: 11° | 31° Oshakati: 12° | 31° Ruacana: 12° | 31° Tsumeb: 13° | 29° Otjiwarongo: 12° | 27° Omaruru: 14° | 29° Windhoek: 12° | 26° Gobabis: 13° | 27° Henties Bay: 20° | 36° Wind speed: 27km/h, Wind direction: E, Low tide: 07:06, High tide: 13:28, Low Tide: 19:06, High tide: 01:31 Swakopmund: 20° | 26° Wind speed: 25km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:04, High tide: 13:26, Low Tide: 19:04, High tide: 01:29 Walvis Bay: 22° | 33° Wind speed: 25km/h, Wind direction: SE, Low tide: 07:04, High tide: 13:25, Low Tide: 19:04, High tide: 01:28 Rehoboth: 12° | 27° Mariental: 15° | 29° Keetmanshoop: 18° | 30° Aranos: 15° | 29° Lüderitz: 16° | 35° Ariamsvlei: 18° | 32° Oranjemund: 13° | 33° Luanda: 24° | 26° Gaborone: 14° | 27° Lubumbashi: 11° | 26° Mbabane: 12° | 25° Maseru: 8° | 24° Antananarivo: 15° | 22° Lilongwe: 13° | 26° Maputo: 20° | 27° Windhoek: 12° | 26° Cape Town: 14° | 21° Durban: 17° | 28° Johannesburg: 15° | 24° Dar es Salaam: 24° | 32° Lusaka: 13° | 25° Harare: 12° | 26° #N/A #N/A