BHP se personeel in Brasilië aangekla
BHP Billiton Brasilië verwerp die aanklagte teen die maatskappy en die betrokke individue, het die maatskappy Vrydag in ''n Sens-verklaring gesê.
Elvira Wood - Agt van BHP Billiton se werknemers word strafregtelik deur die Brasiliaanse regering aangekla vir hul aandeel in die Samarco-mynramp in November 2015, waarin 19 mense dood is.
The Guardian berig Brasiliaanse aanklaers het 26 mense op 21 aanklagte van manslag aangekla.
Die staat beweer die werknemers van BHP en sy vennoot Vale, wat gesamentlik die myn besit, het geweet dat die damwal gaan bars maar het wins belangriker as die werkers se veiligheid geag.
BHP het Vrydag in ’n Sens-verklaring gesê hy is bewus daarvan dat die Brasiliaanse federale aanklagkantoor klagte teen BHP Billiton Brasilië en van sy huidige en voormalige werknemers gelê het, maar het nog geen amptelike kennisgewing ontvang nie.
“BHP Billiton Brasilië verwerp die aanklagte teen die maatskappy en die betrokke individue.
“Ons sal die aanklagte teen die maatskappy teenstaan en elke individu ten volle ondersteun in hul verdediging van die aanklagte teen hulle,” lui die verklaring.
’n Aanpassing terwyl die Fundão-slikdam in Brasilië in aanbou was, was die oorsaak daarvan dat die dam gebars het. Miljarde liters slik is in die Doce-rivier gestort en het die 19 mense se dood veroorsaak.
Die Brasiliaanse regering het BHP en Vale ’n reuseboete van $5,6 miljard opgelê om vir die herstelwerk te betaal.
Dié boete sal oor die volgende 15 jaar afbetaal word.
Die ontwerp het ’n onversadigde sandsone tussen die wal en die slik ingesluit. Daar is weens probleme met die bou van die dam veranderings aangebring wat toegelaat het dat slik aan die linkerkant van die dam oor die sandsone loop, wat dit nat gemaak en dus die wal verswak het.
Die feit dat die dam ook al hoe hoër geword het, het veroorsaak dat die druk te groot geword het en die dam op die swak, vogtige plek gebars het.
BHP en Vale het ook ’n onafhanklike ondersoek oor die oorsaak van die ongeluk laat doen. - Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie