BHP roep 'Billiton' vaarwel
Die Australiese mynreus BHP Billiton staan vanaf gister weer net as BHP bekend. Die maatskappy, wat 16 jaar gelede met die Suid-Afrikaanse Billiton saamgesmelt het om die wêreld se grootste mynmaatskappy te vorm, sê dit vorm deel van sy planne om sy korporatiewe struktuur te vereenvoudig. Die maatskappy se naam was oorspronklik Broken Hill Proprietary.
Die maatskappy, wat in 25 lande bedrywig is, sal sy noterings in Australië sowel as Londen behou.
Die maatskappy bestee 'n aanvanklike A$10 miljoen om die naamsverandering te adverteer.
Toe BHP in Junie 2001 met Billiton saamgesmelt het, het dit 'n maatskappy met 'n markwaarde van sowat US$38 miljard geskep.
Die maatskappy het egter in 2015 van die meeste van sy bates ontslae geraak en die nuwe South32 geskep. Hoewel daar oorspronklik dikwels na South32 verwys is as 'n samestelling van bates wat BHP Billiton nie meer wou hê nie, het hy sedert sy skepping dikwels beter as die ouer maatskappy gevaar. BHP fokus deesdae veral ook op olie.
BHP het gister teen A$23,82 per aandeel in Australië verhandel en het tans 'n markwaarde van A$119 miljard.
South32 verhandel teen R26,25 op die JSE en het 'n markwaarde van R140 miljard. - Netwerk24/Bloomberg

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie