BEWERK rJOU BREINTUIN!
BEWERK rJOU BREINTUIN!

BEWERK JOU BREINTUIN!

Lloyd Zandberg
Vanaf 2 tot 5 Oktober bied die Kobus Neethling Institute 'n kreatiwi­teitskonferensie by die Dome in Swakopmund aan. Belangstellendes kan uitsien na ­toesprake van topkreatiwiteitskenners van dwarsoor die wêreld.

Hierdie konferensie beoog om meer lig op kreatiewe innovasie en probleemoplossing­tegnieke te werp. Insig oor hoe om 'n beter lewe vir jouself te skep, of 'n maatskappy te stig en selfs hoe om onderwys te verbeter, gaan onder meer bespreek word.

Werksomgewings het kreatiwiteit en positiwiteit nodig om te floreer, sê dr. Kobus Neethling.

Nog sprekers by die geleentheid sluit in Stanley Beckett, Johan Burger, Raché Rutherford, Dawn de Pasquale, Janet Rouss, Jim Ridge, Ingvar Jonsson, Bill Olson, Sjoerd de Waal, dr. Shankar Goenka, Karen Hodges, ­Francois Coetzee, Robert Alan Black en Bruce Baum.

Om nuwe idees te skep, geleenthede raak te sien, te ontwikkel en met energie in die toekoms in te stap, is in die verlede soms as onbelangrik beskou. Vandag bevind ons onsself egter in 'n onstuimige tyd waar toekomsvoorspellings al hoe moeiliker word en mense en maat­skappye wat kreatiwiteit ignoreer, sal ongetwyfeld deur die dramatiese veranderinge ontwortel word.

Onlangs het die leiers van die 25 suksesvolste maatskappye van ons tyd aangedui die een faktor wat hulle bó ander laat uitstaan, is krea­tiwiteit. Kreatiwiteit gee vir jou daardie voorsprong wat niks anders jou gee nie.

Die goeie nuus is 'n mens kan jou eie kreatiwiteit enige tyd terugkry.

Dit verg toewyding en doelgerigt­heid, maar of jy nou 15 of 95 is, daardie gawe is joune om uit te haal en te wys, sê Neethling.

“In my en my kollegas se werk in talle lande met mense ouer as 70 het ons keer op keer beleef hoe die herontdekking van kreatiwiteit van mense vir die eerste keer skrywers maak, of entrepreneurs of opleiers – en so hou die lys aan.”



Kreatiwiteit en die toekoms

James Allen skryf 'n mens se brein kan vergelyk word met 'n tuin wat intelligent bewerk kan wees of toegelaat word om wild te groei.

Maar of dit bewerk of verwaarloos is, dit moet en sal iets oplewer.

As jy niks aan daardie tuin doen nie, as jy geen saad saai nie, sal nuttelose onkruid oorneem en voortgaan om die tuin te verwoes. Die saai van goeie saad is 'n persoonlike keuse. Belangstellendes kan vir Maggie de Klerk by 081 259 6532 of [email protected] kontak. Plekke is beperk.

Kommentaar

Republikein 2025-06-29

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer