Beweerde stropers bly in aanhouding
Ester Kamati – Drie verdagtes wat verlede week naby Otavi in hegtenis geneem is in verband met 'n beplande stropery bly in aanhouding nadat hulle in die landdroshof op die dorp verskyn het.
Die drie mans het verlede week hul eerste hofverskyning gemaak nadat hulle op 'n gruispad naby Ohorongo Cement in besit van 'n knaldemper, lewendige ammunisie, 'n jaggeweer, swaarkaliber-ammunisie, 'n mes en 'n panga betrap is.
Die vermoede is dat hulle onderweg was om renosters op 'n nabygeleë plaas te stroop.
Al die toerusting is gekonfiskeer saam met die voertuig waarin dit gevind is. Die drie mans is aangekla van die besit van 'n ongelisensieerde vuurwapen, ammunisie sonder 'n geldige lisensie, sowel as sameswering om spesiale beskermde wild te jag.
Die verdagtes is die 51-jarige Simeon Namene, Gotlieb Wilhelm (32) en Shimbilinga Mateus (41). Die saak is tot 4 November uitgestel met die verdagtes wat in aanhouding bly terwyl die ondersoek voortgaan.
Die mans is aangesê om regshulp te bekom. Namene het gekies om vir regshulp aansoek te doen, terwyl Mateus die hulp van 'n private prokureur sal inroep. Wilhelm het aangedui hy gaan homself verdedig.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie