Beweerde mishandeling van pasiu00ebnt ondersoek
Beweerde mishandeling van pasiu00ebnt ondersoek

Beweerde mishandeling van pasiënt ondersoek

Henriette Lamprecht
Die beweerde mishandeling van 'n bejaarde pasiënt deur verpleegpersoneel van die staatshospitaal op Oshakati, word deur die ministerie van gesondheid en maatskaplike dienste ondersoek. 'n Video oor die voorval is wyd op sosiale media gesirkuleer. Volgens die uitvoerende direkteur in die ministerie, mnr. Ben Nangombe, is die betrokke personeel reeds van direkte pasiëntesorg verwyder.

Die voorval is ook by die openbare dienskommissie en die Raad vir Gesondheidsberoepe in Namibië (HPCNA) aangemeld.

Kommentaar

Republikein 2026-05-16

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer