Bevestige Covid-19-gevalle styg met 14 tot 90
Bevestige Covid-19-gevalle styg met 14 tot 90

Bevestige Covid-19-gevalle styg met 14 tot 90

Henriette Lamprecht
Die minister van gesondheid en maatskaplike dienste (MoHSS) dr. Kalumbi Shangula sê Namibië se bevestigde Covid-19-gevalle het met 14 gestyg. Dit bring die totaal op 90 te staan. Die meerderheid gevalle is in die Erongostreek en wel Walvisbaai en is kontakte van bevestigde gevalle.

Geval 77 is 'n 39-jarige Namibiese vrou van Swakopmund,
geval 78 'n 40-jarige Namibiese vrou van Walvisbaai,
geval 79 'n 39-jarige Namibiese man van Walvisbaai,
geval 80 'n 25-jarige Namibiese vrou van Walvisbaai,
geval 81 'n 40-jarige Namibiese vrou van Walvisbaai,
geval 82 'n 36-jarige Namibiese vrou van Walvisbaai,
geval 83 'n 42-jarige Namibiese man van Walvisbaai,
geval 44 'n 26-jarige Namibiese vrou,
geval 85 'n 31-jarige Namibiese vrou van Walvisbaai,
geval 86 'n Namibiese vrou van Walvisbaai,
geval 87 'n 37-jarige man van Walvisbaai,
geval 88 'n 47-jarige Namibiese man van Walvisbaai,
geval 89 'n 56-jarige Indiese man wat op 17 Junie Namibië binnegekom het en in kwarantyn was, en laastens
geval 90 'n 45-jarige Suid-Afrikaanse vrou met Namibiese verblyfstatus wat op 17 Junie die land binnegekom het en in kwarantyn was.

Tot op hede is 7 925 weefselmonsters getoets waarvan 185 Woensdag getoets is. Tans word 318 kontakte gemonitor en is 806 mense in kwarantyngeriewe oraloor in die land.

Kommentaar

Republikein 2026-07-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer