Bevestigde Covid-19-gevalle steek 200-kerf verby
Nog sewe nuwe gevalle van Covid-19 is in die land aangeteken. Volgens die minister van gesondheid en maatskaplike dienste (MoHSS) dr. Kalumbi Shangula staan die aantal bevestigde gevalle nou op 203 waarvan 24 herstel het.
Al sewe die nuwe gevalle is van Walvisbaai en vyf is kontakte van bevestigde gevalle. Ses van die 11 gevalle het Covid-19-verwante simptome.
Volgens Shangula is 9 118 weefselmonsters tot op hede getoets en word 831 aktiewe kontakte gemonitor. Tans is 875 mense in kwarantyn in geriewe oraloor in die land.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie