Bevestigde Covid-1-gevalle steeds op 32
Namibië se aantal bevestigde Covid-19-gevalle staan steeds op 32 waarvan 17 ten volle herstel het en 15 steeds aktief is. Volgens me. Emmy-Else Ndevaetela van die ministerie van gesondheid en maatskaplike dienste (MoHSS) word 18 kontakte gemonitor van geval 32, 'n vroulike korrektiewe beampte van Walvisbaai wat geen reisgeskiedenis of kontak met 'n bevestigde geval het nie. Tot op hede is 5 849 weefselmonsters getoets en is 681 mense tans in kwarantyn in die land.


Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie