Beurtkrag: Eskom maak plan met steenkool
Die kragreus se uitvoerende hoof het in die parlement gesê dit lyk of SA se tekort aan steenkool dalk vinnig iets van die verlede kan wees.
Elvira Wood – Die buurland se kragnetwerk is steeds stabiel met geen moontlikheid van beurtkrag nie.
Luidens Eskom se webtuiste word die stand van die netwerk steeds as “groen” bestempel. Dit beteken dit is nie onder druk nie en daar is nie nou ’n kans vir beurtkrag nie.
Phakamani Hadebe, uitvoerende hoof van Eskom, het op 16 November gesê daar is twee redes hoekom die kragverskaffer beurtkrag kan instel: onbeplande instandhouding en ’n tekort aan steenkool.
Wat betref die situasie oor steenkool berig Fin24dat Hadebe Woensdag in die parlement gesê het dit blyk of dié probleem dalk vinnig iets van die verlede sal wees.
Hy het aan die parlement se portefeuljekomitee verantwoordelik vir openbare ondernemings gesê daar is verskeie nuwe kontrakte onderteken om steenkool te kry.
Dit volg nadat hy glo gesukkel het met steenkool wat hy by die Guptas se Tegeta-myne moes kry.
Eskom gee al geruime tyd dié myne die skuld vir sy steenkooltekort.
Hadebe het verlede Vrydag tydens ’n voorlegging by Eskom se hoofkantoor Megawatt Park in Sunninghill, Johannesburg, ook gesê die maatskappy werk daaraan om kort- en langtermynkontrakte te sluit om steenkool te kry.
Hy beplan ook om miljoene tonne steenkool wat by sy Medupi-kragstasie in Limpopo opgegaar het, per spoor na Mpumalanga te vervoer.
Eskom het voorheen in ’n verklaring gesê dié steenkool het opgehoop omdat verkrygingskontrakte reeds gereed was om steenkool van die nabygeleë Grootegeluk-steenkoolmyn wat aan Exxaro behoort te bekom al was die kragstasie nog nie gereed om dit te gebruik nie.
Hy het in ’n stadium ’n tender op sy webtuiste geadverteer in ’n poging om dié steenkool te verkoop. – Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie