Beukes se korrel beklink kluis
Pistoolskiet
Die Selborne Pistoolskietklub op Otjiwarongo het onlangs 'n praktiese pistoolskietkompetisie by sy bane op die dorp aangebied waar skuts van oral Namibië deelgeneem het.
Skuts kon die byeenkoms as 'n oefenlopies gebruik om vir die Namibië Praktiese Skietvereniging (Napsa) se kompetisies in 2019 voor te berei en terselfdertyd aan die bane gewoond te raak.
Deelnemers kon uitsien na die kans om 'n geweerkluis te wen wat agt gewere kan stoor en wat deur Schalk van Wyk van Reloading Den op Otjiwarongo geskenk is.
Die Selborne Skietklub bedank vir Schalk van Wyk, Von Baum's Otjiwarongo, Adri Pienaar van Eldorado, Dieter Haniche en Northern Fuel Distributors vir hul skenkings wat vir 'n uiters suksesvolle dag gesorg het.
Die wenner van die kluis is Stavros Beukes van die Windhoek munisipaliteit se skietklub.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie