Betonmonster van die Mole spoeg vuur
Namport het amptelik beswaar teen die koms van ‘n struktuur met ‘n hoogte van 39,6 m aangeteken.
Des Erasmus - Die Namibiese swaargewig op die gebied van skeepvaart, Namport, het sy gewig ingegooi by die poging om die status van die vuurtoring in die Swakopmundse erfenisgebied, bekend as die Mole, te behou.
Die ligstraal, wat as baken van hoop vir seevaartuie dien, mag nie versper word deur ‘n betonreus van meer as 40 m wat vir die terrein van die ou Lighthouse-groep beplan word nie.
Uit munisipale geledere op Swakopmund is gister bevestig dat Namport amptelik beswaar aangeteken het teen die koms van so ‘n struktuur met ‘n hoogte van 39,6 m.
Die hoogtebeperking vir geboue op Swakopmund is in die aanloopfase tot die huidige stryd tot 40 m verhoog, wat die beplande kompleks net binne dié perk plaas.
Die Namport-besware is deur een van die haweowerheid se uitvoerende direkteure, mnr. Elzevir Gelderbloem, met die Swakopmundse munisipaliteit opgeneem.
Daar is ook vasgestel dat die bestuurskomitee van die Swakopmundse stadsraad in Februarie oor die strydpunt gaan besin, waarna die ganse debakel waarskynlik weer voor die stadsraad gaan dien.
Ondanks die koms van moderne tegnologie dien ligtorings steeds as aanvullende diens vir skeepvaart, word onder meer beweer.
SUR LA PLAGE
Dié ontwikkeling word deur Jimney Construction op die perseel van die ou Lighthouse Restaurant en die aangrensende ou munisipale swembad beplan.
Die beplande ontwikkeling is vir ‘n hoofgebou met ‘n aangrensende hotel op ‘n tweede deel van die grond. Die ontwikkeling sal as Sur la Plage bekend staan. Die hoofgebou sal hoofsaaklik vir wooneenhede gebruik word.
Die voorsitter van Swakopmund se inwonersvereniging (SRA) en die SRA se enigste verteenwoordiger in die stadsraad, mnr. Wilfred Groenewald, is sedert die eerste sprake van so ‘n ontwikkeling ‘n kampvegter vir die behoud van die erfenisstatus van die Mole.
Swakopmunders self het ‘n petisie met 2 150 handtekeninge teen die ontwikkeling by die stadsraad ingedien. Die Swakopmundse komitee oor estetika het ook met sterk teenkanting gekom en die kanse dat die projek die goedkeuring van die erfeniskomkitee gaan kry, is “feitlik nul”.
Gister is vir die eerste keer ook ‘n moontlikheid van regspleging teen die koms van Sur la Plage genoem.
Die terrein is ook in die nabyheid van die tradisionele somertuiste van die Namibiese staatshoof.
Met ‘n hoogtebeperking van 40 m kan ‘n struktuur met tot 13 verdiepings op die perseel verrys, maar die ontwikkelaars beplan glo net 10 verdiepings.
‘n Openbare vergadering oor die moontlike ontwikkeling is wel gehou, maar kritici van die projek heg bitter min waarde aan hoe die byeenkoms verloop het. Behoorlike kennis is volgens hulle nie van die byeenkoms gegee nie.
Groenewald het reeds skriftelik beswaar teen die ontwikkeling aangeteken. In ‘n skrywe aan die uitvoerende hoof van die munisipaliteit voer hy aan daar is reeds met die opheffing van die boubeperking deur die stadsraad ongrondwetlik opgetree.
Hy het op Swakopmund se status van ‘n bewaringsgebied ingevolge die Nasionale Erfeniswet van 2004 gewys.
Dit stel vereistes wat nagekom moet word en mag nie sonder openbare inspraak geminag word nie. Die ontwikkelaars se kennisgewing van ‘n openbare vergadering was volgens hom onvoldoende.
Van die verdiepings en die voorgestelde kleurskemas pas blykbaar nie by die omgewing in nie.
Hy dring ook daarop aan dat ‘n afsonderlike omgewingstudie ingevolge die bepalinge van die erfeniswet uitgevoer moet word.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie