Bethaniërs ploeg terug in geboortedorp
Inwoners van Bethanie, een van die oudste nedersettings in die suide van Namibië, het weer gebaat by die Winterprojek wat vanjaar onder die vaandel “Ons gee om” gehou is.
Dié projek het verlede jaar begin met die doel om behoeftige en minderbevoorregte inwoners van komberse, klere en kos vir die winter te voorsien.
Die projek het sy ontstaan te danke aan die Facebook-groep “Bethanie Onsmense”. Deur dié blad het oud-inwoners van die dorp mekaar opgespoor, weer met mekaar kennis gemaak, en die bul by horings gepak om hul deel vir hul geboortedorp te doen. Só neem die projek elke jaar in omvang toe.
Die groep en die gemeenskap besef hul bydraes is nie die antwoord of ’n oplossing om armoede uit te wis nie, maar dit verhoed wel dat niemand op Bethanie van die koue omkom of ongemak verduur nie.
Die oorhandiging het vroeg in Junie plaasgevind. Verwelkomings is deur die hoofman van die !Aman en sy vrou behartig. Hulle het ook ruim bygedra en die dag geniet saam met sowat 120 mense wat by Bethanie se gemeenskapsaal bymekaar gekom het.
Almal is met koffie en tee verwelkom en het daarna warm sop geniet
Die !Ama Gemeenskaptrust, die Bethanie-dorpsraad, die Gekombineerde Skool Schmellenville, Bethanie Plaza, Pick n Pay in Windhoek, CCM Rosh Pinah, die Rooms Katolieke pastorale sentrum op Keetmanshoop, verskeie individue asook al die lede van die projek, het donasies in die vorm van komberse, klere, kos gemaak en ook bygedra tot die heerlike middagete.
Little Miss Grand Namibia se eerste prinses, Cristel Meintjies wat van Bethanie kom, het haar steun gewys deur koffie, tee en koekies aan inwoners voor te sit. Die talentvolle meisie wat ook al ’n CD van haar eie uitgereik het. Sy het die dorp se kinders en jongmense aangemoedig om by hul gemeenskap betrokke te raak.
Ondersteuners van die Winterprojek het van oor die hele Namibië na Bethanie gereis om die besonderse dag by te woon en dit was ’n reusesukses.
Belangstellendes wat by die projek wil betrokke raak, kan me. Lucille Siebert by 081 3742 993 kontak of Bethanie Onsmense of Bethanie Community Winter Project se Facebook-blad besoek.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie