Bethanie se geskiedenis in ’n neutedop
Tanja Bause - Die Schmelenhaus op Bethanie is in 1814 deur die Schmelen-egpaar gebou en is die oudste huis in Namibië.
Die huis is in 1952 tot nasionale monument verklaar en huisves vandag ’n museum oor Bethanie se sendeling-geskiedenis.
In die vroeë 19de eeu het die eerste sendelinge vanuit die Kaap na die Noorde begin trek en het op pad verskeie sendingstasies gestig. Bethanie het sy ontstaan aan sendelinge van die Londense Sendinggenootskap te danke, maar vanweë die tekort aan sendelinge en ook as gevolg van die destydse samewerking met die Rynse Sendinggenootskap, is die Duitse sendeling Schmelen na Bethanie gestuur.
In 1812 is Schmelen na dié nedersetting gestuur om die Christelike evangelie onder die plaaslike Nama-bevolking te versprei. Hy het die nedersetting, waar hy homself saam met ’n paar Oorlams van Pella in die Noord-Kaap gevestig het, Bethanie genoem.
Mettertyd is Schmelen met ’n Nama-vrou, Zara, getroud en het hy haar taal geleer. Saam het hulle gedeeltes van die Nuwe Testament in Nama vertaal.
In 1834 het die egpaar na Kaapstad getrek om die vertaalde Bybel-gedeeltes en ’n woordeboek te laat druk. Op pad terug na Bethanie is Zara in April 1831 op Komaggas in Suid-Afrika oorlede. Schmelen het besluit om op Komaggas te bly en daar met sy sendingwerk voort te gaan. Hy is op 26 Julie 1848 daar oorlede. Die egpaar het vier kinders gehad waarvan die enigste seun vroeg oorlede is.
Die plaaslike sendingstasie is in 1841 deur die Rynse Sendinggenootskap oorgeneem wat in 1859 ’n kerk met twee torings naby Schmelenhaus laat bou het. In 1899 is die Evangelies Lutherse kerk naby die tweetoringkerk gebou.
Past. Salomon Kahfer is tans die opsigter van Schmelenhaus en die twee kerke.
Hy het in 2004 afgetree, maar help steeds met dienste, omdat daar nie ’n pastoor op die dorp is nie.
“Beide ek en biskop Hendrik Frederick is al afgetree, maar die gemeente het ons nodig, want hier is niemand anders nie. So ons is verantwoordelik vir dope, huweliksbevestigings en begrafnisse,” het hy gesê.
Kahfer is in 1945 in die tweetoringkerk gedoop.
Hoewel die kerk ’n nasionale museum is en buite herstel en geverf is, is die kerkbanke en die preekstoel onlangs verwyder. “Ek het ’n bietjie gaan boer ná my aftrede en was nie hier om te kyk wie dit verwyder of hoekom nie. Ek weet ook nie waar die banke en preekstoel nou is nie,” het hy gesê.
Die Evangelies Lutherse kerk, of die Schmelen-kerk, hou nog elke eerste Sondag van die maand ’n diens. “Ons gebruik meestal die kerk in die nedersetting omdat dit nader aan die gemeenskap is.”
Kahfer onthou nog die groot groentetuin wat destyds met fonteinwater natgelei is. Daar was ’n enjin wat die water uit die fontein na opgaardamme gepomp het. Maar die enjin is gesteel, so ook die dak van die huis waar die tuinier gewoon het.
Vroeër het die sendelinge ’n tuin vir die pastorie en een vir die gemeenskap gehad. Vandag is daar net palmbome wat nog groei.
“Dit is ons goed en ons moet dit oppas, maar alles word gesteel en verniel. Dink net aan al die groente wat in die tuin gegroei het. Dit het die hele Bethanie-gemeenskap van groente voorsien. Maar vandag se mense is te lui om in die tuin te werk, so nou is alles weg.”

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie