Beter dink en beplan
Min Namibiërs kan hulself die uitdagings indink om vir vier maande of langer sonder water klaar te kom.
Dit is die lot van die Lafrenz-nedersetting buite Bethanie in die Suide van die land, waaroor op gister se voorblad berig is.
Rassistiese aanvalle aanlyn – op grond daarvan dat dit glo hierdie gemeenskap se eie skuld is dat hulle in die nood verkeer – kyk die feite mis.
'n Mens se hart wil uitgaan na die amptenaar wat moet verduidelik hoekom die pomp nog nie herstel kon word nie. Daar is nie vervoer nie. Die kantoor het geen werkende vragmotors nie.
Ondanks die wye uitgestrektheid van die Suide, lê onderliggend aan hierdie krisis basiese tekortkominge in talle aspekte van Namibië se landsbestuur en diensverskaffing.
As 'n groot gebied bedien word, moet daar juis deur beplanning verseker word dat die nodige logistiek altyd in plek is. In hierdie geval moet 'n plaasvervangerpomp volgens logika gereed staan om lang watergebreke te voorkom.
Intussen moes die gemeenskap maar opsnork en op al wat 'n ander manier is regkom – en hulle ontvang steeds waterrekeninge. Baie lank is gewag voordat daar op die koerant se nommer gedruk is om hulp te bekom.
Goeie beplanners sien risiko's vooraf raak en stel gebeurlikheidsplanne op om krisisse af te weer. Hierdie vaardighede is broodnodig op alle van die staatsdiens – veral onder senior bestuur.
So 'n bestuurder kan genooi word om saam met Lafrenz se mense vir water in 'n winterrivierloop te gaan grawe.
So sê ander
29 Augustus 2017
In Chicago, people get away with murder
Chicago needs to get better at catching murderers.
Back in 1979, we reported that Chicago Police had solved 82 percent of all murders in the previous year — and we didn't think that was good enough. In some years in the 1960s, the police solved murder cases at a rate of higher than 90 percent.
But high murder clearance rates are just a memory. Since January 1 of this year, more than four out of every five murders in Chicago have gone unsolved.
To turn the numbers around Chicago above all needs more detectives.
Chicago also is investing in new technology.
Last year, Chicago Police reported solving 29 percent of murders, while New York police solved more than 80 percent — and the FBI puts the national average at just over 60 percent.
What's Chicago's excuse?
• CHICAGO SUN TIMES

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie