Beter base, gelukkiger werkers
Landbouwerkgewers het hulle daartoe verbind om die lewensomstandighede van plaaswerkers te verbeter.
Ronelle Rademeyer - “Plaaswerkers is die hartklop van ons besigheid en deur omstandighede vir hulle te verbeter, kan ons landbou se beeld verbeter. Ons kan help om armoede in hierdie land te verlig deur ’n beter lewe vir ons mense te skep.”
Só het mnr. Ryno van der Merwe, president van die Namibië Landbou-Unie (NLU), tydens die Landbouwerkgewersvereniging (LWV) se onlangse kongres in Windhoek gesê waar die plaaswerkersprojek indringend bespreek is.
Die NLU het 68 arbeidsverteenwoordigers en sewe streekskoördineerders aangewys om hierdie projek, wat in oproep van pres. Hage Geingob aangepak is, saam met die LWV te koördineer.
“Die president het ons as kommersiële boere tydens die tweede nasionale grondkonferensie uitgedaag om die lewensomstandighede van ons werkers te verbeter. Die president het terselfdertyd benadruk daar is ook ’n plek vir witmense in Namibië,” het Van der Merwe die agtergrond van hierdie projek verduidelik.
Hy sê daar rus ’n groot verantwoordelikheid en moeilike taak op die skouers van die arbeidsverteenwoordigers wat die projek moet bestuur. “Passie is wat die verskil sal maak en ons help om verby al die uitdagings te kyk. Die projek hoef nie vandag of môre te gebeur nie, ons het tyd daarvoor,” het hy gesê met verwysiging na die drie jaar wat daarvoor opsy gesit is.
OPNAME
In die LWV se gids vir verbeterde landbouproduktiwiteit wat in Januarie vrygestel is, word die belangrikheid van gesonde arbeidsverhoudinge beklemtoon. “’n Werker wat sy werk geniet en gelukkig is met sy werksomstandighede, sal meestal meer produktief wees as ’n ontevrede werker wat nie van sy werk hou nie.”
’n Opname deur dié vereniging onder boere gedoen om die lewensomstandighede vir arbeiders op plase te bepaal, toon sowat 86% van werkershuise is met stene gebou. Hierdie huise het ’n gemiddelde vloeroppervlak van sowat 42 vierkante meter.
Die opname wys die huise het gemiddeld 2,5 vertrekke.
Die waarde van hierdie huise is gemeet aan nasionale pryse, gemiddeld N$143 000 werd. Sou die werkers wat daarin woon huur moes betaal, sou dit ongeveer N$960 per maande beloop het.
Hierdie syfers is deur die ondervoorsitter van die LWV, me. Christine Stoman, tydens die kongres bespreek.
Mnr. Danie van Vuuren, die LWV se voorsitter, sê net ’n klein persentasie boere het tot dusver die vraelyste voltooi wat uitgestuur is om – met die oog op die plaaswerkerprojek – vas te stel hoe die arbeidsomstandighede op plase tans lyk. Hulle moet daarop aandui hoe hulle beoog om die situasie in die volgende drie jaar te verbeter.
Van Vuuren het kongresgangers versoek om opreg sal wees en nie beloftes te maak wat hulle nie gaan nakom nie.
Stoman het in ’n voorlegging voorbeelde gegee van verskillende behuisingsopsies en aangedui wat dit boere kan kos.
Sy het ook oor aftreebeplanning vir werkers gepraat en gesê die moontlike maniere is ‘n eie veekudde as bate, hulp om ’n erf op die dorp aan te skaf waar hulle ná aftrede kan gaan woon, spaarplanne en aftree-annuïteite.
Die afgevaardigdes het daarna in vier groepe verdeel om die volgende temas te bespreek:
• minimum standaarde vir werkersbehuising;
• aftreebeplanning;
• opleiding vir plaaswerkers; en
• beter kommunikasie asook interkulturele verskille.
BESPREKING
Oor behuising het mnr. Andrew Deacon gesê NLU-lede met te veel werkers kan sukkel om vir almal goeie behuising te verskaf. Sinkhuise is nie die ideaal nie, want dit word met armoede verbind, het hy gesê.
Lede is aangeraai om ook ondersoek in te stel na die bouplanne wat AgriBank beskikbaar het.
Oor aftreeebeplanning wou me. Marianne Seifert weer watter werkers op spaar- en aftreeplanne geregtig is en hoe lank ’n werker op die plaas moet wees voordat hy vir ’n aftreeplan kwalifiseer.
Die aanhou van vee is nie ’n geskikte opsie vir werkers wat gedurig van werk verwissel nie, het sy gesê.
’n Ander aanbeveling was dat werkers self ’n erf op die dorp koop of dit afbetaal as die werkgewer dit koop.
Verder moet ’n databasis vir plaaswerkers opgestel word waarop werkgewers kan sien of ’n werker ’n spaarplan het as hy van werk verwissel.
’n Ander praktiese probleem is die aftrekkings wat gedoen word wanneer werkers hul pensioen vóór hul aftrede laat uitkeer.
Daar is ook aanbeveel die vrouens van plaaswerkers moet ook by die Maatskaplike Voorsorgkommissie (SSC) geregistreer word sodat hulle ook die maatskaplike voordele kan benut.
Mnr. Helmuth Stehn het die belangrikheid van opleiding benadruk en gesê dit verhoog werkers se waardigheid.
Hy het lede ook aangeraai om plaaswerker se kinders te motiveer om graad 12 te voltooi en daarna vaardigheidskursusse te volg by ’n instelling soos die Namibia Community Skills Development Foundation (Cosdef).
Stehn het gesê ’n kultuur moet geskep word wat jongmense sal aanmoedig om te wíl werk.
Oor kommunikasieverbetering het mnr. Piet Stoman gesê as respek betoon word, voel werkers hul menswees word respekteer.
’n Vaste invalroetine soggens met skriflesing en ’n bespreking van die dag se pligte, help voorkom konflik. Stel ook toesighouers vir verskillende take op die plaas aan, is sy raad.
Mnr. Roland Zierzow het oor personeelbestuurskursusse gesels wat hy vir boere aanbied en gesê dit behels die bestuur van werkers, dissiplinêre bestuur, en dispuuthantering.
Hy waarsku om nie mense van straathoeke af aan te stel nie. As iemand aangestel word, doen ’n ordentlike onderhoud.
Boere behoort gebruik te maak van die NLU se werkershandleiding, sê hy.
Dissiplinêre prosedure is belangrik en word in hierdie handleiding verduidelik.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie