Betaal uiteindelik makliker aanlyn
Visa, Mastercard, American Express en ander diensverskaffers het gesamentlik ’n nuwe betaalmetode ontwerp wat regstreeks gaan meeding met dienste soos PayPal, Apple Pay en Samsung Pay.
E-handelaars verloor jaarliks groot somme geld omdat die betaalproses aanlyn kopers teen die mure uitdryf en hulle dit dikwels nie deurvoer nie.
Die grootste kwelpunt bly die frustrasie om ’n lang kredietkaartnommer op ’n slimfoon of skootrekenaar te moet invoer, saam met bykomende inligting soos die kaart se vervaldatum en dies meer.
Verskaffers van betaaldienste het eindelik besef hierdie is ’n massiewe probleem, en daarom het groot rolspelers in die bedryf besluit om iets daaromtrent te doen.
Visa, Mastercard, American Express en ander diensverskaffers het gesamentlik ’n nuwe betaalmetode ontwerp wat regstreeks gaan meeding met dienste soos PayPal, Apple Pay en Samsung Pay.
Dit gaan gebruikers toelaat om hul kaartbesonderhede op ’n sentrale plek te stoor.
Handelaars gaan bloot ’n skakel daarheen op die betaalblad bied en siedaar, die transaksie is beklink.
Die nuwe skakel sal kopers toelaat om sonder enige frustrasie ’n aankoop te doen sonder dat enige wagwoord ingevoeg hoef te word, sê Jess Turner, adjunkhoof van innovasie by Mastercard in Amerika.
Dit is nog nie heeltemal duidelik waar gebruikers se kaartbesonderhede gestoor gaan word, of hoe bedrieglike transaksies gekeer gaan word nie.
Die verwagting is dat kopers na ’n afsonderlike blad herlei sal word wat deur die kredietkaartmaatskappye bestuur word, soortgelyk aan ’n PayPal-transaksie.
Verskeie kredietkaartmaatskappye het reeds soortgelyke funksionaliteit beskikbaar, maar dit is louwarm deur die mark ontvang omdat elke maatskappy sy eie weergawe gehad het. E-handelaars moes ook afsonderlike betaalmetodes vir elke verskaffer van kaartdienste bied.
Die nuwe metode integreer al die grootste verskaffers van kaartdienste, wat beteken bykans almal sal dit kan gebruik.
PayPal het egter ’n stewige voorsprong in dié mark, maar Mastercard, Visa en dies meer is vol hoop dat hulle sal kan opvang. – Bloomberg, verkort en verwerk/Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie