Betaal helfte en skryf
Studente verbonde aan die Universiteit van Namibië (Unam) met 'n uitstaande balans sal toegelaat word om eksamen te skryf, mits 50% van die balans soos op 1 Oktober vereffen is. Studente wat enige van die eksamens moontlik kan mis, maar wel die vereiste 50%-betaling voor of op 1 November kan doen, sal deur die normale prosedures vir 'n spesiale eksamen in aanmerking kom.
Volgens 'n verklaring wat deur Unam uitgereik is, sal dié spesiale eksamen die eerste en laaste geleentheid vir die betrokke studente wees. Studente word daaraan herinner dat direkte en elektroniese deposito's in die universiteit se bankrekening eers ná 48 uur vrygestel word en die student in staat stel om tot die eksamens toegelaat te word.
Bankdeposito's en oordragte word ook net tydens normale werksure bevestig.
Die studenteportaal sal onmiddellik ná betaling toeganklik wees, en bevestiging hiervan kan by enige van die Unam-kampusse gekry word.
Alle eksamenuitslae vir studente met onvereffende bedrae op hul rekeninge sal teruggehou word. Die eksamenuitslae word op 13 Desember bekend gemaak. Studente word aangemoedig om alle uitstaande skuld te vereffen voor die registrasietydperk vir aanstaande jaar begin. Studente met “werklike, ernstige en spesiale omstandighede” kan die kantoor van die studentedekaan op die onderskeie kampusse nader.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie