Beswaar oor wetsontwerp verwerp
Estelle de Bruyn
Die wetsontwerp op openbare-private-vennootskappe (PPP) is Donderdag opnuut deur die Nasionale Vergadering (NV) bekragtig.
Dit volg nadat die Nasionale Raad (NR) vroeër in beginsel beswaar teen die wetsontwerp aangeteken en dit na die NV teruggestuur het.
Van die redes wat die NR aangevoer het, is dat daar nie voldoende konsultasies deur die ministerie van finansies met die wyer publiek en belanghebbendes oor die wetsontwerp was nie, dat die PPP-komitee te gesentraliseer is en nie desentralisering bevorder nie en dat belangrike rolspelers soos die ministerie van stedelike en landelike ontwikkeling, die vereniging van plaaslike owerhede in Namibië en die ministerie van staatsondernemings uitgesluit word.
Die minister van finansies, mnr. Calle Schlettwein, het breedvoerig verslag gedoen oor al die konsultasies wat met die opstel van die wetsontwerp gedoen is en gesê die NR se besware is ongegrond.
Die wetsontwerp is dus weer deur die NV aanvaar.
Dit sal nou na die president gestuur word vir ondertekening, voordat dit in die Staatskoerant gepubliseer word.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie