Bestuurder sterf in ongeluk
'n Vragmotor van Beefcor Meat Suppliers van Okahandja het gister om 05:30 omgeslaan. Die ongeluk het 45 km buite Okahandja op die hoofpad na Karibib gebeur. Die bestuurder, mnr. Andries Wasserfall (41), het op die toneel gesterf. 'n Passasier is met ernstige beserings in die Okahandja-staatshospitaal opgeneem. “Daar word beweer die bestuurder het die grond langs die teerpad getref en beheer oor die voertuig verloor. Die vragmotor het toe omgeslaan. Die voorval word ondersoek en 'n saak van strafbare manslag is aanhangig gemaak,” het hoofinspekteur Kauna Shikwambi, woordvoerder van die Namibiese polisie, gesê. Foto verskaf
Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie