Bestel u2019n Uber deur Google Maps
Bestel u2019n Uber deur Google Maps

Bestel ’n Uber deur Google Maps

Estelle de Bruyn
Die nuutste weergawe van Google Maps laat gebruikers toe om ’n Uber-motor te ontbied, plek by ’n restaurant te bespreek en selfs ’n afspraak vir ’n fiksheidsklas te maak.

Google Maps, wat aanvanklik bekend gestel is as ’n navigeer-app wat op slimfone werk, laat gebruikers nou toe om toegang tot ander dienste regstreeks in die app te kry.

Gebruikers kan die dienste van Google se vennote Uber en Lyft bespreek.

“Wanneer jy die ritdiensopsie kies, kry jy binne die kaartdiens ’n lys van diensverskaffers en ritopsies wat jy reeds ken,” sê Sara McKinley Torti, senior produkbestuurder by Google.

“Kies jou voorkeurverskaffer om die verskillende ritopsies en spesiale aanbiedinge te sien,” sê sy.

Google het die nuutste weergawe met dié diens reeds op 12 Januarie vir Android- en iOS-toestelle beskikbaar gestel. Dit is reeds in Suid-Afrika beskikbaar.

Plaaslike gebruikers wat Uber deur Google Maps wil gebruik, kan die app oopmaak, die bestemming kies en op die roep-ikoon wat deel is van die verskillende vervoermetodes, klik.

Die verskillende tipes Uber-voertuie word dan vertoon en wanneer een gekies word, maak die Uber-app oop.

Google stel dit wel in die vooruitsig dat gebruikers in die toekoms ritte binne die Google Maps-app self sal kan bespreek sowel as betaal.

“Ons toets ’n nuwe integrasie wat jou toelaat om jou Uber-rit te bespreek en te betaal sonder dat jy Google Maps verlaat – selfs al is die Uber-app nie op jou foon geïnstalleer nie,” sê McKinley Torti.

“Nadat jy in jou bestaande Uber-rekening ingeteken het (of een geskep het) kan jy jou rit bespreek, jou bestuurder op die kaart volg en met hom of haar kommunikeer, alles binne Google Maps,” verduidelik sy.

Google Maps sal ook inligting soos spyskaarte, handelsure en resensies vir bestemming gee terwyl jy op pad is. Dit kan verwyder word deur dit bloot weg te vee. Netwerk24/Fin24

h

Kommentaar

Republikein 2024-04-28

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Aston Villa 2 vs 2 Chelsea | Everton 1 vs 0 Brentford | Wolves 2 vs 1 Luton Town | Fulham 1 vs 1 Crystal Palace | Manchester United 1 vs 1 Burnley | Newcastle 5 vs 1 Sheffield United | West Ham 2 vs 2 Liverpool | Brighton 0 vs 4 Manchester City LaLiga: Atletico Madrid 3 vs 1 Athletic Club | Deportivo Alaves 3 vs 0 Celta Vigo | Almería 1 vs 3 Getafe | Las Palmas 0 vs 2 Girona | Real Sociedad 0 vs 1 Real Madrid SerieA: Inter Milan 2 vs 0 Torino | SS Lazio 1 vs 0 Hellas Verona | Juventus 0 vs 0 AC Milan | Lecce 1 vs 1 Monza | Frosinone 3 vs 0 Salernitana | Udinese 1 vs 2 AS Roma European Championships Qualifying: Hull City 3 vs 3 Ipswich Town | Millwall FC 1 vs 0 Plymouth Argyle | Blackburn Rovers 0 vs 0 Coventry City | Watford 1 vs 0 Sunderland | Bristol City 2 vs 0 Rotherham United | Huddersfield Town 1 vs 1 Birmingham City | Sheffield Wednesday 3 vs 0 West Bromwich Albion | Norwich City 2 vs 2 Swansea City | Cardiff City 1 vs 4 Middlesbrough | Southampton 0 vs 1 Stoke City | Queens Park Rangers 4 vs 0 Leeds United English Championship: Hull City 3 vs 3 Ipswich Town | Millwall FC 1 vs 0 Plymouth Argyle | Blackburn Rovers 0 vs 0 Coventry City | Watford 1 vs 0 Sunderland | Bristol City 2 vs 0 Rotherham United | Huddersfield Town 1 vs 1 Birmingham City | Sheffield Wednesday 3 vs 0 West Bromwich Albion | Norwich City 2 vs 2 Swansea City | Cardiff City 1 vs 4 Middlesbrough | Southampton 0 vs 1 Stoke City | Queens Park Rangers 4 vs 0 Leeds United Katima Mulilo: 13° | 30° Rundu: 13° | 31° Eenhana: 15° | 33° Oshakati: 17° | 32° Ruacana: 15° | 33° Tsumeb: 16° | 30° Otjiwarongo: 15° | 29° Omaruru: 16° | 32° Windhoek: 15° | 27° Gobabis: 15° | 28° Henties Bay: 20° | 33° Wind speed: 17km/h, Wind direction: S, Low tide: 11:40, High tide: 05:39, Low Tide: 23:58, High tide: 18:14 Swakopmund: 18° | 25° Wind speed: 19km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:38, High tide: 05:37, Low Tide: 23:56, High tide: 18:12 Walvis Bay: 21° | 32° Wind speed: 25km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:38, High tide: 05:36, Low Tide: 23:56, High tide: 18:11 Rehoboth: 18° | 29° Mariental: 20° | 32° Keetmanshoop: 21° | 32° Aranos: 19° | 31° Lüderitz: 20° | 38° Ariamsvlei: 20° | 33° Oranjemund: 16° | 35° Luanda: 26° | 31° Gaborone: 13° | 26° Lubumbashi: 11° | 24° Mbabane: 9° | 23° Maseru: 11° | 24° Antananarivo: 15° | 22° Lilongwe: 15° | 26° Maputo: 16° | 27° Windhoek: 15° | 27° Cape Town: 14° | 23° Durban: 15° | 27° Johannesburg: 14° | 24° Dar es Salaam: 24° | 30° Lusaka: 14° | 25° Harare: 10° | 25° #N/A #N/A